Top Banner
Intermediêre Fase Onderwysershandleiding Graad 5 Natuur- wetenskappe
66

Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

Oct 31, 2019

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

Inte

rmed

iêre

Fas

e On

derw

yser

shan

dlei

ding

Graad

5

Natuur- wetenskappe

Page 2: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

Natuurwetenskappe Intermediêre Fase

Werkskedule en Onderwysersgids

Die Werkskedule en Onderwysersgids vir die Natuurwetenskappe bied ondersteuning aan onderwysers by die implementering van die NKV. Hierdie is nie 'n beleidsdokument nie, maar 'n hulpbron vir onderwysers. Die Werkskedule en die Onderwysersgids volg dieselfde weekplan vir elke graad. Die Werkskedule

• Hierdie is 'n breë raamwerk wat 'n keuse van inhoud (Leeruitkomste en Kernkennis en -konsepte) vir elke graad 4-6 bied.

• Die Werkskedule stippel van week tot week die inhoud en die assesseringsfokus uit.

• Dit werk vir al drie die Leeruitkomste van NW. • Dit dek al die Kernkennis en -konsepte in die vier stringe van die

Natuurwetenskappe. Die Onderwysersgids

• Die onderwysersgids sit die raamwerk uiteen wat week na week vir elke graad in die Werkskedule gegee word, en lig dit toe.

• Dit bied 'n wye verskeidenheid lesse wat tot verskillende assesseringstake lei wat met die Leeruitkomste vir NW verband hou.

• Dit gee verdere besonderhede van die konsepte wat onderrig, en die metodes wat gebruik moet word.

• Dit gee ook besonderhede van die integrasiemoontlikhede tussen sowel die NW-stringe as die verskillende Leerareas.

Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat:

• Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te vind, en dit wat hulle nuttig vind, in te sluit.

• Onderwysers die program by die tred van hul leerders aanpas. • Onderwysers dít uitkies wat geskik vir hul konteks is, en wat in hul klaskamer

behartig kan word. • Onderwysers vooraf hul assesseringsprogram elke kwartaal na gelang van hul eie

onderrigtred behoort aan te pas. • Onderwysers, waar dit ookal gepas is, inhoud behoort te integreer. • Onderwysers die Beleidsdokument van die Nasionale Kurrikulumverklaring behoort

te raadpleeg as 'n verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en voorgeskrewe inhoudkennis.

BEDANKINGS

Opregte dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedule vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum : AOO

Page 3: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

ONDERWYSERSGIDS : GRAAD 5

NATUURWETENSKAPPE

INHOUD

DEEL EEN: INLIGTING

NASIONALE BELEIDSDOKUMENTE

INLIGTING VIR ONDERWYSERS

ALGEMENE INLIGTING

DEEL TWEE: VOORSTELLE OM DIE WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE IN DIE KLASKAMER TE IMPLEMENTEER

Graad 5 Assesseringsprogram Leeruitkomste en Assesseringstandaarde String 1: Energie en Verandering String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder

DEEL DRIE: BYLAE

Graad 5 - Patroon vir wetenskaplike ondersoek

DEEL VIER: WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID

Woordelys

Page 4: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 1 -

DEEL EEN : INLIGTING

NASIONALE BELEIDSDOKUMENTE

Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R-9 - BELEID Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R-9 - Onderwysersgids Nasionale Beleid oor Assessering en Kwalifikasies vir skole in die AOO-band Nasionale Kurrikulumverklaring – AOO - Assesseringsriglyne

INLIGTING VIR ONDERWYSERS: Wetenskaplike Geletterdheid: Onderwysers behoort voor elke week se lesse 'n begrip van

hierdie konsepte te hê. Dit is belangrik om wetenskaplike konsepte en taalgebruik uit te bou. 'Kortliks gedefinieerde konsepte' is die woorde en konsepte wat onderwysers gedurende die les gebruik. Onderwysers moet seker maak dat leerders die betekenis daarvan verstaan. Hierdie woorde moet egter nie in aangeleerde woordeskatwoorde ontaard sonder dat die konsepte verstaan word nie. Leerders moet toegelaat word om die konsepte en betekenisse te hersien.

Voorstelle vir Implementering: Hierdie voorstelle behoort onderwysers te help oor HOE om hul eie aktiwiteite op te stel. Gebruik jou eie ervaring en kreatiwiteit in jou beplanning na gelang van jou eie skool se behoeftes. Bou ook maniere in om leerders met beperkinge te help. Maak voorsiening vir uitgebreide leer en diversiteit – sien beleidsdokumente. Waar van toepsssing, intergreer Geletterdheid en Syfervaardigheid reg deur die jaar terwyl onderrig, leer en assessering plaasvind.

Hulpbronne: Gebruik hulpbronne wat in jou skool/gemeenskap beskikbaar is. Integrasie: Gee aandag aan integrasie, en maak skakels waar hulle natuurlikerwys in die

kurrikulum voorkom. Integrasie is moontlik binne die kennisstringe van Natuurwetenskappe, en oor die verskillende Leerareas heen. Alhoewel die vier kennisstringe afsonderlik per kwartaal in die Intermediêre Fase uiteengesit word, kan jy steeds die stringe waar van toepassing integreer om te verseker dat Natuurwetenskappe nie in kompartemente onderrig word nie. Die skakels tussen die stringe kan in die aktiwiteite geïnkorporeer word.

Assessering: Assesseer 'n leerder se prestasie met gebruikmaking van toepaslike

assesseringsformate gelei deur die assesseringstandaarde. Informele assessering is deel van die moniteringsposes om leerders voor die formele assesseringstake te help. Gebruik verskillende toepaslike vorms van assessering oor die jaar heen versprei. Onthou om formele assesseringstake aan te teken. Voorbeelde van formele assesseringstake word gegee.

ALGEMENE INLIGTING: Onderrig begin met wat die leerders reeds weet. Die kurrikulum vir Natuurwetenskappe bestaan uit 70% voorgeskrewe kurrikulum, soos in

die Werkskedule bepaal, en vir 30% uit uitgebreide en plaaslike inhoud. Veiligheid in die Natuurwetenskappe-klaskamer en -laboratorium is belangrik. Leerders

behoort voortdurend oor moontlike gevare en werksveiligheid gewaarsku te word. Noukeurigheid in Wetenskap behoort beklemtoon te word. Vir elke graad is daar voorbeelde van wetenskaplike ondersoeke. Dit kan as volledige

aktiwiteite vir assesseringsdoeleinde gebruik word. Waar dit gepas is, kan die assesseringsinstrumente aangepas word.

Page 5: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 2 -

DEEL TWEE : VOORSTELLE VIR IMPLEMENTERING VAN DIE WERKSKEDULE

NATUURWETENSKAPPE

INTERMEDIÊRE FASE: GRAAD 5 HERSIENE ASSESSERINGSPROGRAM: Formele assesseringstake Kwartaal 1 Assesseringstaak 1: Week 10 Kwartaal 2 Assesseringstaak 2: Week 20 Assesseringstaak 3: Week 21 Kwartaal 3 Assesseringstaak 4: Week 28 Kwartaal 4 Assesseringstaak 5: Week 31 Assesseringstaak 6: Week 40

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE 5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en

doen vrae vir ondersoek aan die hand. 5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein

aantal stappe behels 5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedures en die

resultate wat verkry is LEERUITKOMS 2: OM WETENSKAPSKENNIS TE KONSTRUEER 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe

en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe 5.2.2 Kategoriseer inligting: Skep eie kategorieë en verduidelik eie reël vir kategorisering LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, SAMELEWING EN DIE OMGEWING 5.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis:

Identifiseer maniere waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is. 5.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe

uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing

5.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: Beskrywe die impak wat die

gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.

Page 6: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 3 -

NATUURWETENSKAPPE : GRAAD 5

ONDERWYERSGIDS

KWARTAAL 1: ENERGIE EN VERANDERING

WEEK 1 GRONDLYNASSESSERING oor Energie en Verandering (Graad 4)

AANTEKENINGE oor HOE

LU 1 – 3

Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het met 'n tuin by die huis begin, vir 'n natuuruitstappie gegaan, 'n sleepding gebou en 'n stroombaan gebruik, ens.). Stap 2 Voltooi die Grondlynassessering oor Energie en Verandering. Teken saam met leerders 'n breinkaart oor energie op die skryfbord. Gebruik die voorbeelde hieronder om die energiebron met die aksie af te paar. Bal slaan

paraffien

Lamp wat brand

flitslig

batterye

kos

Voltooi die tabel hieronder met verwysing na 'n selfoon.

Benoem die energiestelsel

Energiebron

Vorm van energie wat ons daarvan kry

Beskrywe hoe dit werk

Noem die hoofbron van energie in enige voedselketting. Skryf en teken hoedat energie in 'n voedselketting oorgedra word.

METODOLOGIE Klasbespreking HULPBRONNE Naslaanmateriaal

INTEGRASIE NW

stringe

Energie en Verandering – energiestelsels en -bronne Lewe en Lewendes – oordrag van voedselenergie in 'n voedselketting

Leerareas Sosiale Wetenskappe – hernubare en nie-hernubare hulpbronne en energiehulpbronne Tegnologie – stelsels en beheer

WEEK 2 ENERGIEBRONNE: Son, voedsel, vallende water, brandstowwe, wind, spiere van diere

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Energie: Energie is nodig om alles te laat werk of beweeg of lewe. Stof: mensgemaakte of natuurlike materie Bron van energie: energie wat opgeberg wag om gebruik te word, of energie

wat nodig is om iets te laat gebeur Brandstowwe: bronne van energie (ons moet hulle gewoonlik verbrand om

hitte-energie te produseer). Hernubare bronne van energie: bronne van energie wat aangevul kan word (bv.

hout) Nie-hernubare bronne van energie: bronne van energie wat nie aangevul kan

word nadat dit gebruik is nie.

Page 7: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 4 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Stap 1 Noem soveel energiebronne as moontlik (steenkool, petrol, batterye, kerse, paraffien, elektrisiteit (sekondêre bron) ens.). Stap 2 Verduidelik oor hernubare en nie-hernubare hulpbronne. Sorteer die energiebronne in hierdie twee kategorieë. Teken en skryf om te verduidelik waarvoor elke energiebron gebruik word. Stap 3 Bespreek die voor- en nadele van energiebronne en maak 'n vergelykingstabel:

Energiebron Voordele wanneer hierdie energiebron

gebruik word

Nadele wanneer hierdie energiebron gebruik

word bv. steenkool

Stap 4 Bespreek gevare van bogenoemde energiebronne. (Gevare van hoëspanningelektrisiteit, besoedeling van brandende steenkool, brande wat per ongeluk deur kerse of paraffienstowe veroorsaak word.) Leerders kan oor een gevaarlike energiebron in hul tuisomgewing teken en skryf. Stap 5 Sorteer energiebronne in twee groepe en laat leerders hul eie reël vir kategorisering

verduidelik (bv. bronne wat ons moet verbrand en bronne wat ons nie hoef te verbrand nie). Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Verskillende bronne van energie noem? Beskrywe (met gebruikmaking van geskikte woordeskat) waarvoor die

verskillende bronne van energie gebruik word? Die energiebronne sorteer in dié wat hernubaar is en dié wat nie hernubaar is

nie? Die voor- en nadele van die gebruik van verskillende energiebronne verstaan? Oor een gevaarlike energiebron in hul buurt teken en skryf?

METODOLOGIE Bespreking en navorsing HULPBRONNE Handboeke, plakkate, prente, en dinge om hulle heen

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van verskillende materiale Planeet Aarde en Verder – besoedeling van lug, water en grond Lewe en Lewendes – uitwerking van besoedeling op plante en diere

INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing Tegnologie – samelewing en die omgewing

Page 8: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 5 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander: Tekening

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 3 VEILIGHEIDSREËLS OOR ENERGIEBRONNE – gas, petrol, paraffien, elektriesiteit

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Petrol: Opgebergde energiebron vir motors. Wanneer petrol per ongeluk aan die

brand slaan, is die vlamme baie warm en moeilik om te beheer Paraffien: energie in 'n huishoudelike vloeistof opgeberg wat gebruik word om

kos gaar te maak. Wanneer paraffien per ongeluk aan die brand slaan, is die vlamme baie warm en moeilik om te beheer

Elektrisiteit: Is 'n sekondêre energiebron (dit word uit 'n ander bron soos steenkool geproduseer) en word as 'n bron vir elektriese toestelle gebruik

Waarskuwingstekens/gevaarsimbole: tekens wat gevaar- of risiko-areas aandui Veiligheidsmaatreëls: reëls en regulasies om veiligheid te verseker.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.3.2

Veiligheidsreëls vir energiebronne (gas, petrol, paraffien, elektrisiteit en vuur)

Stap 1 Beskrywe die vuurdriehoek (vuur benodig brandstof, hitte en lug (suurstof) om te brand). Leerders teken en etiketteer die vuurdriehoek. Verduidelik dat ten einde 'n vuur te blus, ons die brandstof, die hitte of die lug moet verwyder. Bespreek verskillende maniere om dit te doen. Verduidelik die STOP, VAL EN ROL-metode om vlamme te blus wanneer iemand se klere aan die brand is.

Stap 2 Leerders doen rollespel om die volgende te oefen: Die STOP, VAL en ROL-metode Hoe om in 'n brand uit hul huise uit te kom (kruip met die vloer langs na die

naaste uitgang weg van die bron van hitte, ens.) Hoe om mense van die gevaar van 'n brand bewus te maak (skree. slaan op 'n

boks, maak 'n groot lawaai, skud mense om hulle wakker te maak) Hoe om die brandweer en ambulans te skakel en aanwysings na die brand te

gee terwyl hulle kalm bly Hoe om 'n vuur te blus – verskillende maniere om die brandstof te verwyder, (bv.

skop dit uit die pad), verskillende maniere om die hutte te verwyder (bv. gooi die vlamme met water dood), en verskillende maniere om die lug te verwyder (bv. sit 'n deksel op die kastrol met brandende olie).

Page 9: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 6 -

Stap 3 Identifiseer positiewe en negatiewe uitwerkings op die gehalte van mense se lewens wanneer paraffien, petrol en/of elektrisiteit en oop vure in huise gebruik word. Maak 'n tabel:

Brandstof Waarom gebruik ons dit?

Wanneer is dit vir ons

gevaarlik?

Hoe maak ons dit veilig om te

gebruik? bv. paraffien

Bespreek veilige maniere om met paraffienstowe en kerse ens. te werk. Bespreek die gevolge daarvan om nie veilig met brandstowwe te werk nie (bv. brandwonde, huise slaan aan die brand, ens.). Stap 4 Wys leerders prente van verskillende gevaartekens en verduidelik wat hulle beteken. Leerders teken veiligheids-/gevaartekens en skryf om te verduidelik wat hulle beteken, en hoe om op hulle te respondeer. Leerders skryf hul eie veiligheidsreëls wanneer hulle stowe, vure ens. veilig tuis gebruik. Hulle doen 'n opname tuis om te kyk hoedat dinge veiliger gemaak kan word, en hulle probeer om enige onveilige toestelle en praktyke reg te stel. Uitgebreide leer: Vind uit oor veiligheidsmaatreëls wanneer daar in 'n fabriek, vulstasie , kombuis ens gewerk word. Leerders maak 'n veiligheidsbrosjure, strooibiljet, voorleggings waarin die gemeenskap oor veiligheidsmaatreëls ingelig word wanneer 'n mens a) kerse, b) paraffien gebruik. Nooi verteenwoordigers van 'n plaaslike brandweer of die polisie om aan leerders te verduidelik hoe om in 'n krisis hulpvaardig te wees.

Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die vuurdriehoek teken en verduidelik? Met geskikte taalgebruik beskrywe hoe om 'n vuur te blus? Oefen. en rollespel uitvoer oor wat geskikte optrede is wanneer daar 'n brand

plaasvind? Verstaan wat die gebruike en gevare van brandstowwe en elektrisiteit is? Gevaartekens korrek herken, d.w.s. weet wat hulle beteken en hoe om op hulle

te respondeer? Hul eie veiligheidsreëls vir die gebruik van toestelle tuis teken en skryf? (Reëls

moet nuttig en korrek wees).

METODOLOGIE Klasbespreking, navorsing HULPBRONNE Flitskaarte oor veiligheidsreëls, prente van gevaartekens, naslaanwerke

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van verskillende materiale

INTEGRASIE Leerareas

Kuns en kultuur – beeldende kuns (maak van plakkate) Lewensoriëntering – persoonlike en sosiale ontwikkeling, veiligheidsmaatreëls

Page 10: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 7 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel √

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √ Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander: Tekening

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 4 WETENSKAPLIKE ONDERSOEK – verbranding van brandstowwe

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Verbranding: die verbrandingsproses waarby suurstof, 'n brandstof en hitte

betrokke is Energiebronne: waar energie opgeslaan is en wag om gebruik te word.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

Wetenskaplike ondersoek – vergelyk die verbranding van verskillende vloeibare brandstowwe bv. brandspiritus, paraffien NB: Moenie petrol verbrand nie – dit is te gevaarlik. Stap 1 BEPLAN Lys vrae oor die bogenoemde energiebronne en hoedat hulle brand. Identifiseer een goeie vraag om te ondersoek. Bv. Brand beide brandspiritus en paraffien? Gee beide brandspiritus en paraffien rook af? Het beide brandspiritus en paraffien vlamme van dieselfde kleur/grootte? Watter brandstof sal dieselfde hoeveelheid water die gouste laat kook – brandspiritus of paraffien? Stap 2 VOER UIT Voer aanwysings uit om die brandstowwe te toets. Elke groep kan 'n ander

vraag ondersoek. Hulle stel twee spiritusbranders op; een met brandspiritus en die ander met

paraffien. Hulle laat die brandstof brand. Let Wel: neem die nodige veiligheidsmaatreëls.

Om uit te vind watter een die water die gouste sal laat kook, stel die spiritusbranders, driepote en gaasmatjies op. Gebruik die brandstowwe om gelyke hoeveelhede water te verhit. Hou tyd van hoe lank die elkeen neem om te kook.

Leerders teken, etiketteer en skryf om hul waarnemings te boekstaaf. . Stap 3 EVALUEER Leerders vertel wat hulle oor brandstowwe geleer het, en die onderwyser skryf die idees op die bord.

Page 11: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 8 -

Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Help om gepaste vrae te formuleer om die verskillende brandstowwe te

ondersoek? Aktiwiteite korrek opstel om die brandstowwe te ondersoek? Gepaste en akkurate waarnemings maak? Hul waarnemings akkuraat aanteken? Verwys na die voorbeeld van 'n formaat vir Wetenskaplike Ondersoeke en Assesserings in Bylae B

METODOLOGIE Klasbespreking, ondersoek HULPBRONNE Handboeke, prente, paraffien, lampolie en spiritus, naslaanmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van materiale

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – hernubare en nie-hernubare hulpbronne Lewensoriëntering – nakom van veiligheidsreëls Tegnologie – produkte en prosesse

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltake □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander: Tekening

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 5 EKOSTELSELS IS ENERGIE-OORDRAGSTELSELS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Ekostelsels: 'n gemeenskap van plante, diere en mikroörganismes wat saam in

'n omgewing woon Energie-oordrag: die beweging van energie deur 'n stelsel (bv. deur 'n

ekostelsel, deur 'n elektriese stroombaan, ens.) Interafhanklikheid: plante en diere is vir oorlewing van mekaar afhanklik. Hulle

verskaf vir mekaar voedsel, skuiling ens.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1

Stap 1 Leerders verduidelik in hul eie woorde wat hulle van ekostelsels begryp (na die les sal hulle hul verduideliking oorskryf).

Stap 2 Verduidelik dat die sonlig die energiebron vir 'n ekostelsel is. Die sonlig voorsien energie vir plante om te fotosintetiseer (om glukose te maak wat as stysel in hul blare opgeberg word). Die stysel is die hoofbron van voedsel vir al die diere in 'n ekostelsel. Ons sê dat plante die produsente van voedsel is. Verduidelik dat plante en diere in 'n ekostelsel vir oorlewing van mekaar afhanklik is. Een van die maniere waarop hulle interafhanklik is, is deur voeding.

Page 12: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 9 -

Stap 3 Teken 'n voedselketting op die bord, bv. Gras→Sprinkaan→Spreeu→Valk (roofvoël). Verduidelik dat 'n voedselketting aantoon hoedat voedselenergie van een organisme in 'n ekostelsel na 'n ander oorgedra word. Energie vanaf die son word omgesit in chemiese energie in die gras. Die gras word deur die sprinkaan geëet, en so word deel van die energie dan na die sprinkaan oorgedra. Die spreeu eet die sprinkaan, en so word deel van die energie dan na die spreeu oorgedra. Die valk eet die spreeu, en kry energie van hierdie voedsel. Op hierdie manier word energie van die son na die valk oorgedra (dit beweeg). Die pyle in 'n voedselketting toon aan in watter rigting die energie oorgedra word.

Stap 4 Leerders herskryf die verduideliking van energie-oordrag in hul eie woorde. Leerders teken nog voedselkettings en beskrywe die energie-oordrag wat plaasvind.

Stap 5 Vind 'n prent van 'n ekostelsel wat 'n verskeidenheid plante en diere toon, bv. 'n tuin of 'n dam, ens., of besoek 'n tuin of natuurreservaat. Laat leerders die verskillende voedselkettings in 'n ekostelsel uitwerk (oplet wie vir wie eet). Party diere leef van meer as een plant of dier. Dan het jy 'n voedselweb met baie pyle wat met meer as een organisme verbind. Leerders teken 'n voedselweb en skryf om te verduidelik hoedat energie in die voedselweb beweeg.

Leerders skryf om te verduidelik wat 'n ekostelsel is.

Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: 'n Voedselketting beskrywe en verduidelik hoedat energie daardeur oorgedra

word? 'n Voedselweb in 'n ekostelsel teken en korrek verduidelik hoedat energie

daardeur beweeg? Verstaan wat 'n ekostelsel is?

METODOLOGIE Bespreking, teken en skryf, besoek aan 'n tuin ens,

HULPBRONNE handboeke, plakkate, prente van ekostelsels, flitskaarte van voedselketting, naslaanmateriaal.

NW stringe

Lewe en Lewendes – voedsel is nodig vir groei Planeet Aarde en Verder – die rol van aardmateriale – lug, water en grond INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – komponente van 'n stelsel, voedselenergie Lewensoriëntering – die voedsel wat ons eet; 'n gebalanseerde dieet

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √ Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander: Tekening

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 13: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 10 -

WEEK 6 OORDRAG VAN ENERGIE IN ENERGIESTELSELS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Energie-oordragstelsels: 'n stelsel word uit twee of meer dele saamgestel wat

energie van een plek na 'n ander verplaas, bv. 'n voedselketting, 'n elektriese stroombaan, ens.

Energiebronne: sel, uitgerekte gomlastiekband, wind, hout, steenkool Vorms van energie: lig, klank, hitte, elektrisiteit, beweging.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Stap 1 Verduidelik dat ons energie-oordragstelsels (meganiese gereedskap, elektriese toestelle, kragstasies ens.) nodig het om nuttige vorms van energie vanaf die energiebronne na die plek waar dit benodig word, te kry. Leerders verduidelik watter stelsel hulle nodig sou hê om die energie uit die volgende energiebronne te kry: uitgerekte gomlastiekband, wind, hout, steenkool. So byvoorbeeld sou jy 'n kettie kon gebruik om die energie uit die uitgerekte gomlastiekband te kry. Die kettie dra die energie van die uitgerekte gomlastiekband na die klip oor. Leerders teken hul idees in ’n tabel aan. Bron van energie Stelsel wat nodig

is om die energie oor te dra

Energie vanaf -------------na-----------------------oorgedra

Vorm van energie geproduseer

bv. Uitgerekte gomlastiekband

Kettie

Gomlastiekband na klip

Bewegingsenergie

ens. Stap 2 Kry prente en huishoudelike voorbeelde van baie energie-oordragstelsels (bv. windpomp, olielamp, fiets, voedselmenger, knoffelpers, landelike maalklippe, ens. Help die leerders om die verskillende dele van die stelsels te benoem. (In meganiese stelsels: wiel, as, draaipunt, handvatsel, pedaal, ratte, stamper en vysel, ens. In elektriese stelsels: komponente soos drade, gloeilampe, skakelaars ens.) Help die leerders om te verstaan hoedat die verskillende stelsels en dele van die stelsels werk om die energie oor te dra. Stap 3 Leerders teken en skryf om die energiestelsels en hoedat hulle werk, te beskrywe. Hulle moet inligting oor die volgende insluit:

Die naam van die stelsel of werktuig Die verskillende dele van die stelsel Die bron van energie Hoedat die stelsel werk (watter handelings dit uitvoer, bv. vergruis, pomp,

boor ens.). Die nuttige vorm van energie wat geproduseer word, (bv. ligenergie, hitte-

energie, bewegingsenergie, ens.). Stap 4 Maak 'n flitslig van gevonde materiale. Beskrywe die komponente en teken die stroombaan.

Page 14: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 11 -

Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders:

Verstaan wat 'n energie-oordragstelsel is? Energie-oordragstelsels beskrywe (meganies en elektries) en verduidelik

hoedat energie daardeur oorgedra word? 'n Flits maak wat werk? Die elektriese stroombaan in die flits korrek teken?

METODOLOGIE Bespreking, teken en skryf, navorsing. HULPBRONNE Prente, huishoudelike apparate en gereedskap, naslaanmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van verskillende materiale

INTEGRASIE Leerareas

Lewensoriëntering – die liggaam as stelsel, oordrag van energie Tegnologie – eienskappe van materiale en prosessering, stelsels

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 7 STELSELS VIR DIE BERGING VAN ENERGIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Energiebronne: bv. elektriese sel, uitgerekte of opgewende gomlastiekband,

wind, hout, steenkool Vorms van energie: bv. hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.2

Stap 1 Verduidelik waar/hoe energiestelsels energie opberg. Elektriese sel: die reaksies van chemikalieë verskaf energie Opgewende gomlastiekband: soos die gomlastiekband opgewen word, word energie na die gomlastiekband oorgedra en opgeberg. Wind: word deur verskille in lugdruk in die atmosfeer veroorsaak, wat bewegingsenergie veroorsaak. Hout: gedurende fotosintese word energie in die hout van 'n boom opgeberg. Steenkool: hout wat gefossileer geraak het. Dit bevat al die energie wat oorspronklik weens fotosintese in die hout was.

Stap 2 Leerders vind verskillende tipes selle en batterye wat in elektriese toestelle tuis, bv. selfone, radio's, horlosies, TV-afstandbeheer ens. gebruik word. Hulle vors na in boeke, die internet (Eskom webwerf ens.) en vra in elektriese winkels om uit te vind watter chemikalieë die selle bevat. Leerders teken elke sel of battery en lys die inhoud daarvan (indien moontlik) en sê in watter toestelle dit gebruik word.

Page 15: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 12 -

Stap 3 Leerders sorteer die batterye in verskillende kategorieë, gebruik eie reëls, en verduidelik kategorieë (bv. herlaaibaar en nie-herlaaibaar). Stap 4 Verduidelik vir leerders dat energie nie geskep of vernietig kan word nie. Dit word óf êrens opgeberg, of dit verander van een vorm na 'n ander. Ons gebruik energie-oordragstelsels om opgebergde energie in 'n energievorm wat vir ons nuttig is, te verander. Leerders skryf 'n kort paragraaf om te verduidelik waarom selle en batterye vir ons nuttig is. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: 'n Reeks verskillende batterye vind en korrekte inligting oor hulle verskaf? Die verskillende batterye in logiese kategorieë sorteer? Beskrywe waarom selle en batterye baie nuttig is?

METODOLOGIE Bespreking, demonstrasie en navorsing

HULPBRONNE Handboeke, plakkate en inligting oor volwassenes, selle en batterye. gomlastiekband

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van materiale Lewe en Lewendes – ekostelsels, oordrag van energie in 'n stelsel

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – energiehulpbronne Tegnologie – eienskappe van materiale en produkontwikkeling

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 8 MEGANIESE STELSELS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Bespreek kortliks: Meganiese stelsels (soos masjiene) Rotasie Beweging in reguit lyne

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Ondersoek: om 'n meganiese stelsel te maak

Stap 1 BEPLAN Herinner leerders aan die verskillende dele van meganiese stelsels en hul funksies (wiel, as, draaipunt, handvatsel, pedaal, ratte, stamper en vysel, ens.) Herinner leerders dat meganiese stelsels ontwerp word om energie vanaf die energiebronne na die plek waar dit benodig word, te kry. Meganiese stelsels het altyd bewegende dele. (elektriese stelsels het nie altyd bewegende dele nie)

Page 16: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 13 -

Stap 2 Identifiseer die bewegings wat meganiese masjiene in die alledaagse lewe maak deur na eenvoudige masjiene te kyk, bv. die maalklip rol oor die ander klip om die mielies te maal; die eierklitser se handvatsel draai in die rondte om die klitsers te laat beweeg, die naald in die naaimasjien gaan op en af. Stap 3 Vra leerders om aan 'n meganiese stelsel te dink wat hulle uit vier gevonde materiale kan maak. (Hulle kan byvoorbeeld 'n windpompie, 'n speelgoedkarretjie, 'n seilbootjie ens. maak. Hulle moet 'n eenvoudige plan teken van wat hulle wil maak (hulle kan eers in boeke naslaan om idees te kry). Hulle kan indiwidueel of in groepe werk. Stap 4 VOER UIT Die leerders maak hul eenvoudige meganiese stelsels Stap 5 EVALUEER Leerders: Wys die item wat hulle gemaak het Demonstreer hoe dit werk Verduidelik waar energie vandaan kom en hoe die dele beweeg Verduidelik hoedat hulle dit sou kon verbeter. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: 'n Redelike plan teken van wat hulle wil maak? 'n Meganiese stelsel maak wat werk? Met vertroue wys en vertel hoedat die stelsel werk wat hulle gemaak het?

METODOLOGIE Bespreking, demonstrasie en navorsing HULPBRONNE Prente, gevonde materiale, gomlastiekbande, skêre, kleefband, ens.

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van verskillende materiale

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – meganismes deur antieke beskawings ontwikkel Tegnologie – eienskappe van materiale en die ontwikkeling van 'n stelsel

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □

Ander: Tekening

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 17: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 14 -

WEEK 9 ENERGIE-OORDRAG IN DIE SAMELEWING

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Bespreek kortliks: Tegnologie: dinge wat mense gemaak het om hulle te help om dinge te doen en

probleme op te los Aangepas: dinge wat verander het om by die huidige omstandighede te pas.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.3.1 – 5.3.3

Stap 1 Hou 'n klasbespreking oor hoedat tegnologie van die verlede tot vandag verander het. (bv. Tikmasjiene is deur rekenaars vervang; perde en karre is deur motors vervang, skroefvliegtuie is deur stralers vervang, ens.) Maar ouer tegnologieë sterf nie sommer skielik uit nie. Ons gebruik nog sommige van hulle na gelang van die omstandighede (in landelike areas word sommige ou tegnologieë gebruik, terwyl moderne tegnologieë in die stede gebruik word). Stap 2 Bespreek die volgende navorsingsprojekte: Leerders kies om een van die volgende projekte te doen: (hulle kan boeke, internet en tydskrifte gebruik; met ouer mense praat, ens.) 1. Vors maniere na waarop tegnologieë (bv. voertuie, maniere om brood te maak, ens.) vanaf lank gelede tot vandag verander is. 2. Vors na watter soorte stowe (of voertuie, toestelle, ens.) mense in hul buurt gebruik. Hulle moet uitvind hoedat hierdie tegnologieë mense help. 3. Vors na hoedat die lewens van mense beïnvloed word indien hulle nie toegang tot tegnologie het nie (nie rekenaars of elektrisiteit ens. het nie). Stap 3 Leerders maak 'n plakkaat (strooibiljet, sigsagboekie) met 'n opskrif, tekeninge of prente, skryfwerk en etikette om te wys wat hulle uitgevind het. Of Leerders kan hul inligting op enige ander gepaste wyse aanbied (bv. 'n bandopname, wys-en-vertel, onderhoud met 'n ander persoon, opnamenotas, ens.) Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: 'n Redelike hoeveelheid interessante inligting vind? Hul inligting op 'n interessante wyse kommunikeer?

METODOLOGIE Bespreking, navorsing en demonstrasie HULPBRONNE Navorsingsmateriale

INTEGRASIE NW

stringe Materie en Materiale – eienskappe en gebruik van verskillende materiale

Leerareas Sosiale Wetenskappe – die ontwikkeling van nuwe tegnologieë EBW – die ontwikkeling en verbetering van produkte en dienste om op produksiekoste te let en goedkoper materiale te gebruik

Page 18: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 15 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 10 KONSOLIDERING EN FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Maak 'n energieplakkaat met opskrifte, etikette, prente en aantekeninge om

potensiële bronne en vorms van energie te toon. Kry 'n prent van 'n energiestelsel, en gebruik dan 'n vloeidiagram om te toon

hoedat energie in die stelsel oorgedra word. Vind voorbeelde van masjiene (meganiese stelsels) wat roteer (al in die rondte

gaan). Teken en skryf om te verduidelik hoedat dit werk. Verduidelik en demonstreer wat jy sou doen as jou klere aan die brand raak.

(stop, val neer en rol) Teken 'n eenvoudige voedselketting en beskrywe die oordrag van energie

daardeur.

AANTEKENINGE oor HOE

Byvoorbeeld: Assesseringstaak 1 behoort uit die volgende items te bestaan LU 2 AS 1 Teken 'n konsepkaart oor energie. LU 2 AS 2 Sorteer die volgende in twee kolomme. Maak 'n opskrif vir elke kolom om

te verduidelik hoedat jy hulle gegroepeer het: Steenkool, hitte, lig, hout, papier, klank, paraffien, elektrisiteit, wind

LU 2 AS 1 Bespreek 'n energiebron onder die volgende opskrifte: Benoem energiebron Waarvoor die energiebron gebruik word

Voordele wanneer hierdie energiebrongebruik word

Nadele wanneer hierdie energiebron gebruik word

Page 19: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 16 -

LU 2 AS 1 Noem 'n paar meganiese stelsels in die alledaagse lewe. LU 2 AS 2 Beskrywe hoedat energie in 'n prent van 'n voedselketting oorgedra word. LU 2 AS 1 Identifiseer die korrekte stellings:

Wind het geen energie nie Hout berg die son se energie op Steenkool berg die son se energie op Energie van elders word na 'n gerekte gomlastiekband oorgedra.

LU 1 AS 2 Skryf 'n vraag om die verskille tussen paraffien en kerse te ondersoek. Noem die materiale wat jy nodig sal hê om die verskille tussen hierdie twee energiebronne (paraffien en kerse) te ondersoek. Maak 'n geëtiketteerde tekening van hoedat jy die materiale vir die ondersoek sou opstel. Maak 'n tabel om die verskille aan te toon. LU 3 AS 2 Verduidelik hoedat paraffien (of gas of elektriesiteit) gevaarlik kan wees as dit tuis verkeerd gebruik word. Verduidelik wat jy kan doen om dit veilig te gebruik. LU 3 AS 2 Verduidelik hoedat meganiese stelsels die lewens van gestremde mense kan verbeter.

Page 20: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 17 -

KWARTAAL 2: MATERIE EN MATERIALE

WEEK 11 GRONDLYNASSESSERING – MATERIE EN MATERIALE (Graad 4)

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks konsepte uit Graad 4: Materiale: vaste stowwe wat nuttig is om dinge te maak Eienskappe van materiale: hoedat stowwe reageer en hoe hulle lyk Die 3 fases van materie: materie kan in drie verskillende vorms of fases

bestaan: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Verhitting verander die fase vanaf vaste stof tot vloeistof tot gas, en verkoeling (hitteverlies) draai die verandering van fase om

Kokende water: water verkry genoeg energie om in gas te verander Smeltende ys: ys verkry genoeg energie om in 'n vloeistof te verander.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1 – 5.2

Stap 1 Klasbespreking op die bogenoemde konsepte gebaseer: Gebruik vrae om die leerders aan te spoor Noem 'n paar bekende materiale. Wat verstaan jy onder die konsep "eienskappe van materiale"? Noem 'n paar materiale en hul eienskappe Noem die hoofklasse waarin materiale gekategoriseer kan word. bv. metale,

polimere, hout, papier, ens. Sorteer die materiale in die klasse soos hierbo genoem. Noem die drie fases waarin materie aangetref kan word. Verduidelik wat jy onder die konsep van kook begryp. Hoe weet jy wanneer water besig is om te kook? Verduidelik wat jy onder die konsep van smelt begryp. Verduidelik hoedat jy 'n ysblokkie kan smelt om dit smeltpunt te laat bereik. Stap 2 Die onderwyser maak kort notas op die skryfbord wanneer daar tydens die groepsbespreking verdere inligting te voorskyn kom.

METODOLOGIE Besprekings; vrae en antwoorde

WEEK 12 EIENSKAPPE VAN MATERIALE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsep: Klasse materiale – vesels, glas, erdeware, polimere (plastiek), papier, hout,

metale Eienskappe van materiale

o Tekstuur: hoedat 'n materiaal voel wanneer jy daaraan raak of dit tussen jou vingers vryf.

o Voorkoms: Die sigbare eienskappe van iets o Soepelheid: die vermoë om te buig of van vorm te verander sonder om te

breek o Hardheid: vermoë om fisiese slytasie te weerstaan o Hittegeleiding: die manier waarop 'n materiaal toelaat dat hitte daardeur

beweeg o Hitte-insulasie: die manier waarop 'n materiaal verhoed dat energie

daardeur beweeg o Magnetisme: die manier waarop 'n materiaal op 'n magneet respondeer

(aangetrek word) of nie o Oplosbaarheid: die vermoë van 'n stof om op te los.

Page 21: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 18 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Stap 1 Bring 'n paar interessante voorwerpe van papier, plastiek, glas, hout, ens. na die klas. Maak seker dat die voorwerp 'n verskeidenheid eienskappe (soos hierbo) besit wat dit maklik vir die leerder sal maak om dit te identifiseer en benoem. Stap 2 Verduidelik vir die leerders wat eienskappe is. Gee vir die leerders leiding oor wat hulle voor moet uitkyk wanneer hulle probeer om die eienskappe van die materiale te identifiseer. Verwys aanhoudend na die verskille en ooreenkomste van verskillende voorwerpe. Stap 3 Leerders noem en teken die materiale, en skryf om die eienskappe (bv. hardheid, fisiese voorkoms en deugsaamheid/sterkheid) van 'n reeks materiale/voorwerpe te beskrywe, soos byvoorbeeld papier, plastiek, glas, tou, koperdraad, ens. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die eienskappe van verskillende materiale met gebruikmaking van toepaslike

woordeskat korrek beskrywe?

METODOLOGIE Besprekings; laat leerders toe om materiale te verken deur hul sintuie te gebruik; kom tot gevolgtrekkings

HULPBRONNE Verskeidenheid materiale en voorwerpe

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – materiale wat natuurlik voorkom Energie en Verandering – enige inset van energie is nodig om materiale te verander INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – om eienskappe van materiale te verstaan EBW 1 produksie en koste van goedere

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 13 EIENSKAPPE VAN MATERIALE IN DRIE KLASSE: metale, polimere (plastiek), erdeware

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Materiale Metale: materiale wat elektrisiteit en hitte gelei, bv. koper, tin. silwer, goud, lood,

ens. Polimere (plastiekstowwe en plantvesels): 'n reusagtige langkettingmolekule wat

uit 'n groot aantal kleiner molekules bestaan wat saamgekoppel is, bv. plastiek, gomlastiek, plastiekvesels

Erdeware en glas: materiale wat van verharde klei of glas gemaak is, bv. porseleinkoppies, glase, blompotte, teëls

Page 22: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 19 -

Eienskappe Eienskappe van metale: Blink, smeebaar (kan gevorm word), gelei elektrisiteit en

hitte, maak 'n klinkgeluid, duursaam Eienskappe van polimere: Soepel, sterk, isoleerder van hitte en elektrisiteit,

duursaam, het 'n chemiese reuk, brand wanneer aangesteek, party polimere is deurskynend en ander is ondeurskynend

Eienskappe van glas en erdeware: Onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, duursaam, waterdig, glas kan deurskynend wees.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.2

Stap 1 Verduidelik aan die leerders dat eienskappe beteken hoe die materiaal is, hoedat dit reageer, en wat jy daaraan kan doen. Lei die leerders om die eienskappe van metale, polimere en erdeware te identifiseer, met gebruikmaking van al hul sintuie. Bring voorwerpe wat van verskillende metale, polimere en glas gemaak is. Leerders bring ook 'n paar geskikte voorwerpe. Stap 2 Sorteer alledaagse materiale of voorwerpe in klasse volgens hul sigbare voorkoms, en wat oor hulle bekend is. Gebruik 'n tabel soos die een hieronder. Doelwit Klas van materiale Eienskappe

(kyk, voel, ruik) Nog alledaagse voorbeelde van materiale in hierdie klas

Braaipan Metaal Sterk, blink, gelei hitte, maak 'n klinkgeluid

Motors, juweliersware, draad

ens. Stap 3 Skryf sinne om jou eie reël vir kategorisering te verduidelik (bv. redes waarom dit metaal is – verwys na eienskappe van metale ens.). Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Verskillende soorte metale, polimere en erdeware herken uit die voorwerpe wat

voorsien is? Die eienskappe van hierdie materiale met gebruikmaking van toepaslike

woordeskat beskrywe? Metale, polimere, erdeware en glas op grond van hul eienskappe sorteer?

METODOLOGIE Verduideliking, sortering; bespreking; motiveer redes HULPBRONNE Verskillende voorwerpe en materiale uit drie groepe; werkblad

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – natuurlike hulpbronne INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – mensgemaakte en sintetiese materiale EBW – natuur, proses en produksie van materiale

Page 23: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 20 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 14 VERHITTING EN VERKOELING KAN MATERIALE VERANDER

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Termiese energie: hitte-energie Vaste stof: materie met 'n vaste vorm, beslaan ruimte; kan nie afgegiet word

nie, deeltjies baie na aan mekaar Vloeistof: kan afgegiet word, neem die vorm van die houer aan, beslaan ruimte,

deeltjies raak, maar is verder van mekaar as by vaste stowwe Gas: deeltjies baie ver uit mekaar, materie met geen struktuur nie Hitte-energie: beweeg altyd vanaf 'n warmer plek of voorwerp na 'n koeler plek

of voorwerp Energieverlies: dit gebeur wanneer materie energie vrystel omdat die

omgewing koeler is Energiewins: dit gebeur wanneer materie energie absorbeer omdat die

omgewing warmer is Smelt: wanneer 'n vaste stof verhit word en dit in 'n vloeistof verander Stol: wanneer 'n vloeistof afkoel (hitte verloor) en in 'n vaste stof verander Verdamp: wanneer 'n vloeistof verhit word en in 'n gas verander Kondenseer: wanneer 'n gas afkoel (hitte verloor) en in 'n vloeistof verander.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Materiale respondeer op hitte Stap 1 Verduidelik: Hitte kan die volgende veranderings in materiale veroorsaak: Faseveranderings Vastestowwe, vloeistowwe en gasse kan van een fase na 'n ander verander wanner energie bygevoeg of weggeneem word. Bv.: water verander in waterdamp wanneer dit verhit word, en vries wanneer dit verkoel word (wanneer dit genoeg hitte verloor). Uitsetting en inkrimping Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse sit ook uit wanneer hulle verhit word, en krimp in wanneer hulle verkoel word (hitte verloor). Plaas bv. 'n termometer in warm water. Die vloeistof in die termometer, alkohol, sit uit en beweeg op in die dun buisie aan die binnekant. Haal varsgebakte muffins uit die oond. Soos hulle afkoel, krimp hulle weg van die kant van die pan af.

Page 24: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 21 -

Verbranding Sommige materiale raak aan die brand wanneer hulle verhit word. Verduidelik: Sommige veranderings aan materiale is permanent (kan nie omgekeer word nie)

en sommiges is tydelik (kan omgekeer word). Stap 2 Voer 'n aktiwiteit uit om 'n paar veranderings van materiale te demonstreer

wanneer jy hulle verhit. Toon uitsetting met die bal en ring-apparaat;buig 'n dun metaalpyp oor 'n vlam

(gebruik oondhandskoene);smelt was;brand lappe en papier; kook water; bak klei (erdeware);maak pannekoekdeeg gaar;smelt polimere in warm water of in 'n vlam;kraak glas met warm water;

plaas 'n ballon oor die nek van 'n bottel en plaas die bottel in warm water (die ballon sit uit) ens.

Leerders: Teken en skryf om die veranderings (uitsetting/inkrimping; faseverandering;

verbranding) te beskrywe wat in die materiale plaasvind wanneer hulle verhit word en weer afkoel.

Beskrywe of die veranderings permanent of tydelik is (omgekeer kan word). Stap 3 Sortering van materiale op verskillende maniere Sorteer die materiale in drie groepe: vaste stof, vloeistof en gas. Maak 'n tabel om die sortering aan te toon. Opskrifte aan die bokant van die

tabel: Fase, Eienskappe, Voorbeelde. Opskrifte vir rye teen die kant van die tabel: Vaste stof, Vloeistof, Gas

Skryf sinne om jou eie reël vir die plasing van die materiaal in 'n groep (bv. rede waarom dit 'n vaste stof, vloeistof of gas is – verwys na eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse ens.)

Stap 4 Sorteer materiale volgens hoedat hulle op verhitting/afkoeling reageer (bv. metale sit uit en krimp, polimere smelt en stol, ens.). Maak jou eie tabel of tekening of lys om te wys hoedat jy gesorteer het. Stap 5 Sorteer materiale volgens die verandering wanneer hulle verhit word – permanent of tydelik. Sorteer materiale volgens die tipe verandering wat hulle ondergaan wanneer hulle verhit word (permanent of tydelik). Maak jou eie tabel of tekening of lys om te wys hoedat jy gesorteer het. Stap 6 Skryf sinne om die volgende woorde te verduidelik: Smelt, Stol, Verdamp, Kondenseer; en Verbrand, Buig, Uitsit, Inkrimp Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die verskil tussen die volgende konsepte verstaan: Smelt, Stol, Verdamp,

Kondenseer; en Verbrand, Buig, Uitsit, Inkrimp?

METODOLOGIE Verduideliking. bespreking, sorteeraktiwiteite, skryfwerk

Page 25: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 22 -

HULPBRONNE

Verskillende materiale wat verander wanneer hulle verhit word: dun metaalpyp, polimere, was, lappe en papier, water, klei, pannekoekdeeg, glas, ballon, ens. Apparaat: Spiritusbranders, kerse, vuurhoutjies, kokende water, houers, oondhandskoene ens.

NW stringe

Energie en verandering – energie is nodig om materiale te verander INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – veiligheidsmaatreëls Tegnologie – prosessering van materiale

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 15 + 16 VERSKILLE TUSSEN MENGSELS EN OPLOSSINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Mengsels: 'n kombinasie van twee of meer stowwe wat weer geskei kan word Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof gemeng word en dit lyk asof dit in

die vloeistof verdwyn en nie meer gesien kan word nie Oplossing: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n

vloeistof oplos Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n

vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng) Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare

in water). OPLOSSING

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1

Die verskille tussen mengsels en oplossings Stap 1 Mengsels Leerders kan 'n verskeidenheid vaste stowwe en vloeistowwe gebruik en mengsels maak. Noem die bestanddele van mengsels, bv. mengsel van albasters en sand Vra leerders of hulle hierdie mengsel met die hand kan skei.

Solute: stof opgelos in

oplosmiddel Oplossing: Stof opgelos

in oplosmiddel

Solvent: vloeistof waarin stowwe

opgelos word

Page 26: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 23 -

Stap 2 Oplossings Leerders kan 'n oplosbare stof (suiker) en 'n oplosmiddel (water) meng om 'n oplossing te vorm Noem die bestanddele van 'n oplossing. Noem die bestanddele van 'n oplossing en gebruik wetenskaplike taal, bv. oplosmiddel: die vloeibare deel; oplosbare stof: die soliede deel. Stap 3 Sorteer verskillende huishoudelike en alledaagse stowwe in mengsels en oplossings, bv. koekmengsel, sportdranke, Handy Andy, Coca Cola, koffie ens. Verduidelik (skryf) eie reël om te besluit of die stowwe mengsels of oplossings is. Vra leerders of hulle hierdie mengsels en oplossings met die hand kan skei. Stap 4 Beskrywe hoedat sommige mengsels met die hand geskei kan word, terwyl ander mengsels en oplossings 'n proses nodig het om geskei te word. Verduidelik die volgende prosesse en laat leerders dit uitprobeer. Filtrering: die proses waarin soliede deeltjies van 'n vloeistof geskei word deur dit deur 'n filter te laat gaan. Afgieting: die proses waardeur 'n vaste stof van 'n vloeistof geskei word deur die vloeistof af te giet en die vaste stof agter te laat. Distillering: Die proses waardeur twee vloeistowwe, of 'n vloeistof van 'n vaste stof geskei word. Die mengsel word verhit. Die vloeistof kook en vorm 'n damp. Hierdie damp word dan gekondenseer deur dit af te koel sodat dit weer 'n vloeistof word. (Hou 'n koue bord bo die kokende vloeistof en sien hoedat die waterdamp terug na 'n vloeistof kondenseer). Die vaste stof bly agter. Stap 5 Die onderwyser lys eienskappe van mengsels op die bord: Mengsels kan met die hand, deur afgieting, of deur distillering geskei word. Beskrywe die eienskappe van 'n oplossing: Die opgeloste stof kan nie gesien word nadat dit opgelos is nie Lig kan deur 'n oplossing skyn (dit lyk glasagtig) Die opgeloste stof sal nie na 'n ruk onder in die houer afsak nie Die opgeloste stof en die oplosmiddel kan nie geskei word deur dit te filtreer of

af te giet nie Die opgeloste stof kan teruggekry word deur die oplosmiddel (vloeistof) te laat

verdamp. Die vaste stof kristalliseer. Kan die vaste stof deur distillering terugkry. Stap 6 Leerders: Maak oplossings en mengsels in die wys-en-vertel-demonstrasie Maak plakkate met gepaste etikette en opskrifte om die verskille tussen

mengsels en oplossings te verduidelik. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Demonstreer hoe om oplossings en mengsels korrek te maak en te skei? Die verskille tussen oplossings en mengsels beskrywe deur na hul eienskappe

te verwys?

METODOLOGIE verduidelik; beskrywe; kategoriseer

Page 27: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 24 -

HULPBRONNE Verskillende soorte vaste stowwe om mengsels te vorm; verskillende soorte oplosbare vaste stowwe om in die maak van oplossings te gebruik. Spiritusbranders, vuurhoutjies, glasbekers of proefbuise, ens.

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – waterbesoedeling en watersuiwering INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, natuurlike hulpbronne

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 17 OPLOSSINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof meng en lyk asof dit in die vloeistof

verdwyn, en dus nie gesien kan word nie. Oplossing: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n vloeistof

oplos Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n

vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng) Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare in

water) Opgeloste stof: 'n vaste stof wat in 'n vloeistof oplos en 'n oplossing vorm Oplosmiddel: die vloeistof waarin 'n vaste stof oplos Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed: prosesse of aksies wat 'n oplosbare stof

vinniger of stadiger in 'n vloeistof laat oplos, soos: hoeveel daar geroer word; temperatuur van vloeistof; grootte van deeltjies van die vaste stof; hoeveelheid van die vaste stof vergeleke met die vloeistof.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

Ondersoek: Versnel hitte die oplosproses?

Stap 1 BEPLAN Hersien die volgende: Noem die twee bestanddele (bv. water en suiker) van 'n oplossing in

wetenskaplike taal (bv. opgeloste stof, oplosbaar en oplosmiddel). Beskrywe die opgeloste stof en die oplosmiddel. Beskrywe kenmerke van 'n oplossing (bv. dit is helder). Leerders oefen om termometers te gebruik (om temperatuur in grade Celsius

(°C) te meet). Oefen om maatsilinders of maatbekers te gebruik om die hoeveelheid water in

milliliters (ml) te meet). Gebruik medisynelepels om die hoeveelheid opgeloste stof in milliliters te meet.

Page 28: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 25 -

Stap 2 Leerders maak 'n breinkaart van wat hulle oor die oplos van stowwe in bekende situasies weet (bv. om suiker in koue of in warm water op te los). Leerders help om vrae vir ondersoeke aan die hand te doen, bv. Versnel hitte die oplosproses? Stap 3 VOER UIT Leerders Ontwikkel hul eie aanwysings, of die onderwyser kan vir hulle die aanwysings

gee om oplossings te maak met gebruikmaking van water by verskillende temperature. (bv warm water, kraanwater, yswater)

Roer elke oplossing tweemaal om die bestanddele te meng voordat daar met die tydmeting begin word.

Hou die hoeveelheid water en opgeloste stof dieselfde vir elke houer (meet dit). Teken waarnemings en metings in 'n tabel aan (temperatuur van water, tyd wat

dit geneem het om op te los, volume van oplosmiddel, hoeveelheid opgeloste stof) as deel van die prosedure.

Teken staafgrafieke van die resultate: Horisontale X-as: stawe wat warm water, kraanwater en yswater verteenwoordig. Vertikale Y-as: tyd in minute wat die opgeloste stof neem om op te los.

Stap 4 Doen verslag (teken en skryf) oor die groep se prosedure. Doen verslag oor resultate wat verkry is. Skryf om te verduidelik hoedat hitte die snelheid van die oplosproses beïnvloed. Uitgebreide leer: leerders ontwikkel eie aanwysings Stap 5 Leerders voer 'n soortgelyke toets op die volgende uit: Versnel skud- of roersnelheid die oplosproses?

Gebruik drie houers met dieselfde bestanddele. Roer eerste houer 5 maak, volgende houer 10 maal, laaste houer 15 maal. Meet die tyd om te kyk watter die langste neem vir die bestanddele om op te los.

Teken die resultate aan en trek 'n grafiek. Versnel die grootte van die vaste deeltjies die oplossnelheid?

Gebruik drie houers met water. Voeg growwe sout by die eerste houer, tafelsout by die tweede, en fyngemaalde sout by die laaste houer. Hou die hoeveelheid sout en water, en die temperatuur vir al drie dieselfde. Roer eenmaal. Meet die tyd wat dit vir die bestanddele in elke houer neem om op te los. Teken die resultate aan en trek 'n grafiek.

Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die ondersoek met begrip uitvoer? Akkuraat meet en aanteken? Verstaan dat die volgende faktore die oplostempo versnel:: hoër temperatuur,

meer skud/roer, kleiner deeltjies? Staafgrafieke korrek trek (geskikte skaal en asse, punte/stawe korrek geplaas,

asse geëtiketteer, en geskikte opskrif vir die grafiek).

METODOLOGIE Klasbespreking; praktiese werk

Page 29: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 26 -

HULPBRONNE Stowwe en vaste stowwe, proefbuise, werkblad van aktiwiteite, handboeke, ens. NW

stringe Planeet Aarde en Verder – natuurlike opgeloste stowwe, waterbesoedeling, suurreën INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting, teken van grafieke Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 18 VERSADIGDE EN ONVERSADIGDE OPLOSSINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof gemeng word en dit lyk asof dit in

die vloeistof verdwyn en nie meer gesien kan word nie Oplossing: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n vloeistof

oplos Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n

vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng) Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare in

water) Opgeloste stof: 'n vaste stof wat in 'n vloeistof oplos en 'n oplossing vorm Oplosmiddel: die vloeistof waarin 'n vaste stof oplos Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed: prosesse of aksies wat 'n oplosbare stof

vinniger of stadiger in 'n vloeistof laat oplos, soos: hoeveel daar geroer word; temperatuur van vloeistof; grootte van deeltjies van die vaste stof; hoeveelheid van die vaste stof vergeleke met die vloeistof.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

LU 5.2.1

Ondersoek: versadigde en onversadigde oplossings Stap 1 BEPLAN Leerders lys faktore, uit die vorige les, wat oplosbaarheid affekteer. Lys wat bekend is oor die verhouding van oplosmiddel en opgeloste stof wat gebruik word om bekende oplossings te maak (bv. koeldrank teenoor stroop). Stap 2 Verduidelik dat indien ons aanhou om meer suiker by 'n sekere hoeveelheid water te voeg, daar uiteindelik te veel suiker sal wees om in die water op te los. Ons sê dan dat dit 'n versadigde oplossing is. Stap 3 Doen fokusvrae aan die hand om versadigde en onversadigde oplossings te ondersoek, bv.: Hoeveel opgeloste stof en oplosmiddel het ons nodig om 'n versadigde oplossing te maak?

Page 30: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 27 -

Stap 4 VOER UIT Leerders kan hul eie aanwysings ontwikkel, of die onderwyser kan vir hulle die aanwysings gee. Leerders probeer om 'n versadigde oplossing te maak. Hulle meet en teken die hoeveelhede water en suiker aan wat hulle gebruik totdat hulle die versadigingspunt bereik. Leerders teken en skryf om hul prosedure te verduidelik. Stap 5 EVALUEER Skryf oor hul bevindige Verduidelik die verskil tussen 'n versadigde oplossing en 'n onversadigde oplossing (teken en skryf). Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die ondersoek met begrip uitvoer? Akkuraat meet en aanteken? Begryp dat 'n versadigde oplossing bereik is wanneer daar geen meer opgeloste

stof in die oplosmiddel sal oplos nie?

METODOLOGIE Klasbespreking, praktiese werk HULPBRONNE Suiker, proefbuise/bekers, werkblad van aktiwiteite, handboeke, ens.

NW stringe

Energie en Verandering – energie vir prosesse nodig INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte √

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 19 VOORSTELLE VIR KONSOLIDERING

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

Hersien alle vorige konsepte

AANTEKENINGE oor HOE

Eienskappe van materiale: Maak iets uit gevonde materiale om tuis te gebruik (bv. 'n voëlkoutjie, 'n lamp, klere, 'n blaker, ens.). Wys hoedat dit werk, en verduidelik waarom daardie materiale gebruik is (verwys na eienskappe van die materiale). Mengsels en oplossings: Doen 'n 'wys en vertel' oor hoe om mengsels en oplossings te maak met gebruikmaking van alledaagse materiale/bestanddele. Verduidelik waarom die see sout is. Wat het dit laat gebeur?

Page 31: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 28 -

Uitwerking van hitte op materiale: Skryf en teken oor hoedat hitte stowwe en materiale tuis verander (bv. koek wat bak, sit uit in die warm oond en krimp wanneer dit afkoel, ens.).

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning

HULPBRONNE Werkblad, koue en warm water, stowwe om op te los; beskikbare bron van hitte, bv spiritusbrander of kers, verhittingstaander, beskermende handskoene

NW stringe

Lewe en Lewendes – uitwerking van lug-, water-, en grondbesoedeling op plante en diere

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, verantwoordelike gebruik van natuurlike hulpbronne, impak van besoedeling

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING

Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 20 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2 - OPLOSSINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Mengsels: ’n vermenging van twee of meer stowwe Oplossings: 'n mengsel van 'n vloeistof met 'n opgeloste vaste stof of gas (bv.

koffie) Oplosbaar: stowwe wat in 'n vloeistof kan oplos is oplosbaar (bv. suiker) Onoplosbaar: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare) Tydelike verandering: verandering is nie permanent nie – kan weer omgekeer

word Permanente verandering: kan nie na die oorspronklike vorm terug verander nie.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

Wetenskaplike ondersoek om te demonstreer hoe om die oplosbaarheid van 'n opgeloste stof te verander

Stap 1 BEPLAN Leerders lys vrae om te ondersoek hoe om die oplostempo te verander

Stap 2 Leerders doen 'n fokusvraag aan die hand.

Stap 3 VOER UIT Leerders voer aanwysings uit. Leerders maak oplossings om die uitwerking op die oplostempo aan te toon wanneer: die hoeveelheid roerwerk afgewissel word of Die grootte van die deeltjies in die opgeloste stof afgewissel word.

Page 32: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 29 -

Stap 4 Leerders: teken en skryf om hul prosedure te verduidelik. teken waarnemings aan. Stap 5 EVALUEER Leerders skryf en vertel wat hulle geleer het. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Vrae lys en 'n geskikte fokusvraag identifiseer? 'n Geskikte prosedure saamstel en met begrip uitvoer? Akkuraat meet en aanteken? In hul eie woorde verduidelik wat hulle geleer het?

METODOLOGIE Ondersoek HULPBRONNE Werkblaaie

NW stringe

Energie en Verandering – energie word vir prosesse benodig, bv. hitte-energie INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 33: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 30 -

WEEK 21 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3 Hersien woorde uit vorige weke. LU 2 AS 1 Berei 'n Assesseringstaak voor waarin die leerders in staat behoort te wees om wetenskaplike kennis te onthou wat op die volgende gebaseer is:

Eienskappe van materiale Eienskappe van materiale in hul omgewing Eienskappe van metale, polimere en erdeware (met inbegrip van glas) Fases van materie Die verskille tussen mengsels en oplossings versadigde en onversadigde oplossings

LU 2 AS 2 Leerders moet die volgende beskrywe: klasse materiale

die eienskappe van materiale die fases van materie

LU 2 AS 2 Leerders moet die verskille tussen die volgende beskrywe: mengsels en oplossings versadigde en onversadigde oplossings LU 2 AS 2 Leerders moet die volgende kategoriseer:

materiale in die klasse: metale, polimere en erdeware (met inbegrip van glas) die fases van materie

LU 2 AS 2 Leerders moet hul eie reël vir kategorisering verduidelik LU 2 AS 2 Leerders verduidelik tegnologiese produkte deur na mengsels en oplossings te verwys

Page 34: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 31 -

KWARTAAL 3: LEWE EN LEWENDES

WEEK 22 GRONDLYNASSESSERING - LEWE EN LEWENDES (GRAAD 4)

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Leerders verduidelik die volgende: Lewensprosesse: alle lewende dinge voer AL hierdie prosesse uit: beweeg,

plant voort, groei, respondeer op stimuli, haal asem, eet, en ontlas Interaksies in die omgewing: lewende organismes is in interaksie met die

lewende omgewing en word deur die nie-lewende omgewing beïnvloed.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1

Stap 1 Leerders vertel die onderwyser wat hulle in verband met lewensprosesse verstaan. Watter van die volgende dinge voer al die lewensprosesse uit? Leerders vergelyk: (1) 'n klip met 'n hond (2) 'n motor met 'n voël (3) 'n vuur met 'n mens, ens. Bespreek verskillende leerders se idees en korrigeer waar nodig. Stap 2 Die onderwyser gee leerders prente wat stadiums in die lewensiklus van (1) 'n plant, (2) 'n dier, en (3) 'n mens toon. Leerders rangskik prente in die korrekte orde en etiketteer die prente en die prosesse. Stap 3 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders Tussen lewende en nie-lewende dinge onderskei?

METODOLOGIE Klasbespreking; verwys na vorige kennis en ervarings, maak van plakkate. HULPBRONNE Werkblaaie oor vorige kennis.

NW stringe

Materie en Materiale – verskillende vorms van, en soorte materiale INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – persoonlike en fisiese ontwikkeling

WEEK 22 vervolg EKOSTELSELS +WEEK 23

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Ekostelsel: 'n ekostelsel sluit die lewende en nie-lewende dinge in 'n area in,

sowel as hul interaksie met mekaar Omgewing: die lewende en nie-lewende milieu wat alle lewende dinge bevat Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en

voortplant Organismes: enige lewende dinge, bv. diere en plante Interafhanklikheid: lewende organismes wat vir oorlewing van mekaar afhang Biodiversiteit: "bio" beteken LEWE / lewende organismes; "diversiteit" beteken 'n

verskeidenheid – d.w.s. baie verskillende soorte lewende organismes (plante en diere).

Page 35: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 32 -

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Ekostelsels Biodiversiteit in ekostelsels Stap 1 Leerders dra idees by oor wat hulle in verband met biodiversiteit verstaan. Die onderwyser maak 'n breinkaart van leerders se idees en klaar die betekenis van biodiversiteit op. (Biodiversiteit is die aantal verskillende organismes (verskeidenheid) wat binne 'n gegewe plek of geografiese streek aangetref word.) Stap 2 Die onderwyser toon 'n verskeidenheid prente van plante en diere uit koerante of die internet. Verduidelik die volgende:

(1) 'n hoë biodiversiteit van diere (baie verskillende tipes diere in dieselfde area) (2) 'n lae biodiversiteit van diere (min verskeidenheid / al die diere kan dieselfde

wees) (3) 'n hoë biodiversiteit van plante (4) 'n lae biodiversiteit van plante

Stap 3 Leerders skryf sinne oor die biodiversiteit in:

(1) Tuine tuis of op die skoolterrein (neem hulle uit indien moontlik) (2) 'n Natuurlike plek wat hulle besoek het, bv. die strand, 'n park, ens.

Stap 4 Leerders maak 'n plakkaat om die biodiversiteit van plante en diere in 'n area van

hul keuse te toon. Hulle gebruik prente of hul eie tekeninge. Hulle skryf die name van die plante en diere, en aantekeninge, langs die prente. Aanpassings van plante en diere in 'n ekostelsel Stap 5 Die onderwyser gee leerders 'n prent van 'n plant wat duidelike aanpassings by

sy omgewing toon, bv. 'n kaktus wat by 'n droë omgewing aangepas is. Die leerders bespreek die plante se aanpassings in groepe, en voer dit dan aan

die onderwyser terug wat aantekeninge op die bord maak. Leerders kopieer hierdie aantekeninge as 'n byskrif by hul prente.

Doen dieselfde met 'n prent van 'n dier, bv. 'n vis, wat vir lewe onder die water aangepas is.

Die belangrikheid van dele van 'n ekostelsel Stap 6 Leerders kyk na 'n prent van 'n ekostelsel wat plante en diere bevat. Leerders beskrywe (skryf sinne) hoe diere van plante afhanklik is (bv. vir kos, skuiling ten die weer, beskerming teen roofdiere) en hoedat plante van diere afhanklik is (bv. mis wat die grond vrugbaar maak, verspreiding van sade en vrugte). Stap 7 Leerders skryf aantekenings en beskrywe waarom water en grond in 'n ekostelsel belangrik is (bv grond: anker plante; dit voorsien voedingstowwe en water: word deur alle lewende dinge benodig om te lewe, en is nodig vir fotosintese).

Page 36: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 33 -

Stap 8 Gee leerders 'n lys van plante en/of diere om te kategoriseer na gelang van die habitat waarby hulle die beste aangepas is, by droë veld of vleiland. Hulle verduidelik op watter maniere hulle by die habitat aangepas is. Uitgebreide leer: Die leerders kyk in groepe na ekostelsels uit ander lande, met gebruikmaking van naslaanboeke of die internet, en stel die biodiversiteit van die ekostelsel vas deur die name van die verskillende plante en diere neer te skrywe. Leerders skryf aantekeninge waarin hulle beskrywe hoedat 'n ander plant of dier by sy spesifieke omgewing aangepas is. Stap 9 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: Beskrywe wat biodiversiteit is? Die biodiversiteit van 'n area bepaal? Aanpassings van 'n plant of dier noem of lys? Verduidelik hoedat plante en diere in 'n ekostelsel van mekaar afhanklik is? Die belangrikheid van grond en water in 'n ekostelsel stel?

METODOLOGIE Verwys na dinge om hulle, of gebruik kaarte, wys prente, interaksie met klasmaats, tabel.

HULPBRONNE Handboeke, plakkate, prente, en dinge om hulle heen, kleurkryt, internet. NW

stringe Materie en Materiale - Aardmateriale Planeet Aarde en Verder – plant-, en dierehabitats

INTEGRASIE Leerareas

Lewensoriëntering – persoonlike, fisiese en sosiale ontwikkeling Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte √

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 24 FOTOSINTESE en VOEDSELKETTINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Fotosintese: die proses waardeur groen plante sonlig, koolstofdioksied n water

gebruik om voedingstowwe te maak Voedselketting: 'n voedselketting toon aan 'wie eet vir wie' in 'n ekostelsel Produsent (bv, plante): 'n organisme, aan die begin van 'n voedselketting, wat

nie nodig het om te eet nie, maar sy eie voedsel maak Verbruiker (planteters, vleiseters en alleseters): 'n organisme wat van ander

organismes in 'n voedselketting leef Ontbinder: 'n organisme wat die dooie oorblyfsels van plante en liggame van

diere afbreek.

Page 37: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 34 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.4

Stap 1 Die onderwyser verduidelik die proses van fotosintese en die belangrikheid van die son in hierdie proses. Stap 2 Leerders teken en skryf om die proses van fotosintese te verduidelik met gebruikmaking van die woorde hieronder: 'n Groen plant; voedsel (stysel); sonligenergie; water; wortels; koolstofdioksied; blare; suurstof; opneem; afskei; maak. Stap 3 Die onderwyser toon die leerders verskillende voedselkettings. Sy skryf die voedselkettings neer en teken pyltjies om die organismes te verbind. (Onthou, die pyltjies gaan van die voedsel na die dier wat dit eet, bv. gras bok leeu) Die onderwyser identifiseer die produsente en verbruikers, en verduidelik hierdie terme: bv. gras (produsent) bok (verbruiker) leeu (verbruiker) Stap 4 Aktiwiteit oor voedselkettings: Leerder dink aan al die kos wat hulle daardie dag geëet het. Leerders teken 'n voedselketting om te toon waar hul kos vandaan gekom het.

Hulle skryf etikette met die produsente en verbruikers in die voedselketting. Stap 5 Leerders skryf verskillende voedselkettings neer wat in verskillende ekostelsels aangetref word. Leerders noem en beskrywe die produsente en verbruikers in die voedselkettings. Leerders beskrywe die belangrikheid van elk van hul voedselkettings.

Uitgebreide leer: teken 'n voedselketting wat 'n uil insluit. Teken 'n voedselketting in vars water en in die see.

Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: Die dinge lys wat nodig is vir fotosintese om plaas te vind? Dinge lys wat tydens fotosintese geproduseer word? Die proses van fotosintese beskrywe?. 'n Voedselketting teken met pyltjies om die vloei van voedsel (energie) te toon?

METODOLOGIE Klasbespreking, navorsing, eksperimente, plante HULPBRONNE Handboeke, prente, flitskaarte, plante, werkblaaie.

NW stringe

Energie en Verandering – oordrag van voedselenergie Planeet Aarde en Verder – Aardmateriale (lug, water, grond)

INTEGRASIE Leerareas

Lewensoriëntering – bevordering van gesonde gewoontes, bv. oefening ens.

Page 38: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 35 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering √ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 25 SINTUIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Sintuie: 'n orgaan of liggaamsdeel wat gevoelig is vir 'n stimulus soos klank,

aanraking of lig Sig: die vermoë om lig te sien Gehoor: die vermoë om klanke te hoor Smaak: die vermoë om soet, suur, sout en bitter smake in die mond te proe Tassin: (Aanraking): die vermoë om aanraking en druk te voel Reuksin: die vermoë om reuke met die organe in die neus te ruik

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2

Stap 1 Leerders ontdek watter sintuie deur die diere in die tabel gebruik word. Leerders merk in die tabel af.

Stellings Sig Gehoor Reuk Tassin Smaak Die spinnekop gebruik 8 oë om sy vyand te sien.

Haaie gebruik hul laterale lyne en is gevoelig vir elektriese velde wat deur diere afgegee word.

Die vlermuis spoor sy prooi met eggo-radar op.

Die sprinkaan het klein haartjies reg oor sy liggaam.

Die tong van die konyn bevat 17 000 smaakknoppies.

Slange het 'n spesiale orgaan om die reuk van hul prooi waar te neem.

Voeg nog by.........

Page 39: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 36 -

Stap 2 Die onderwyser bespreek hoedat die sintuie van diere op vreemde en wonderlike maniere ontwikkel het, bv. die grootoorjakkals, erdvark, uil ens. Leerders skryf die naam van die dier neer, asook sy spesiale sintuigorgaan en die gebruik daarvan. Stap 3 Die onderwyser gee leerders 'n lys van diere, bv. leeu, uil, slang ens. Die leerders bespreek in groepe die belangrikheid van die sintuie van hierdie

diere, en hoedat dit hulle help om te (1) jag en (2) hulle teen gevare te beskerm. Leerders teken hul inligting in die vorm van 'n tabel aan, en skep hul eie

kategorieë. Hulle verduidelik hul reëls vir kategorisering. Uitgebreide leer: Leerders kry inligting oor ander diere en hul sintuie (bv. vlermuis, spinnekop) en deel dit met die res van die klas. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: Die vyf sintuie en hul funksies lys? Vasstel hoedat sintuie deur verskillende diere gebruik word om in hul omgewing

te oorleef?

METODOLOGIE Klasbespreking, teken tabelle, vors inligting na, wys prente, vraag/antwoord. HULPBRONNE Handboeke, prente, ensiklopedie, tabelle

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – in verband met die fisiese omgewing INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – persoonlike, fisiese en sosiale omgewing Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √

Ander:

WEEK 26 SPYSVERTERINGSTELSELS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Spysverteringstelsel: die organe wat help met die verteerproses van voedsel Spysvertering: die proses waardeur voedsel in eenvoudige chemiese

samestellings opgebreek word Dele van die spysverteringstelsel: mond, speekselkliere, slukderm, maag,

lewer, pankreas, dunderm, dikderm, en anus.

Page 40: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 37 -

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 5.2.1

Stap 1 Die onderwyser gee leerders 'n prent van 'n mens se spysverteringstelsel en benoem die dele. Sy beskrywe ook die weg wat die kos volg terwyl dit deur die spysverteringstelsel beweeg. Stap 2 Leerders gebruik 'n prent van die spysverteringstelsel en etiketteer elke deel. Leerders beskrywe in hul eie woorde wat met hul kos gebeur wanneer hulle dit eet. Stap 3 Die onderwyser beskrywe die funksie van elke orgaan van die spysverteringstelsel, met gebruikmaking van 'n prent of 'n model. Leerders beskrywe die funksie(s) van die verskillende dele deur kort notas langs elke etiket te skryf. Uitgebreide leer: Leerders gebruik ander hulpbronne om inligting te kry oor ander soorte spysverteringstelsels in diere. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: Die mens se spysverteringstelsel etiketteer? Die weg beskrywe wat die kos deur die spysverteringstelsel volg? Die funksie(s) van dele van die spysverteringstelsel lys?

METODOLOGIE Onthou inligting en bou daarop voort, etiketteer tekeninge. HULPBRONNE Prente, modelle, plakkate, flitskaarte

NW stringe

Energie en Verandering – om voedsel te prosesseer en energie te gebruik Materie en Materiale – fases van materie

INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – gesonde leefwyse Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 41: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 38 -

WEEK 27 VOEDSELPIRAMIDE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer die volgende konsepte: Voedselpiramiede: 'n diagram in die vorm van 'n piramiede wat die

hoofvoedselgroepe aandui Voedingstowwe: stowwe wat voeding voorsien Koolhidrate: voedsels wat as 'n vername energiebron in ons diëte dien. Suikers,

stysels en sellulose is almal koolhidrate. Proteïene: voedsels wat gebruik word om die liggaam op te bou. Vleis, vis, eiers,

bone en neute bevat proteïene. Vette en olies: voedsels (olyfolie, botter, vet) wat as 'n bron van energie dien en

dele van die liggaam soos die senustelsel in stand hou Vitamiene en minerale: spesiale voedingstowwe wat in klein hoeveelhede nodig

is vir normale groei en aktiwiteit in die liggaam Gebalanseerde dieet: wanneer voedsels wat die belangrike voedingstowwe

bevat, in die korrekte hoeveelhede geëet word MIV/VIGS-pasiënte: mense wat met die Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV),

wat die immuunstelsel afbreek, besmet is. Diabetes: 'n ongesteldheid waar die liggaam nie in staat is om sy

bloedglukosevlakke normaal te hou nie.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1 – 5.2.2 5.3.3

Stap 1 Leerders bespreek die rol wat voedsel in hul alledaagse lewe speel. Die belangrikheid van voedsel, en waarom dit nodig is om 'n gesonde dieet te volg. Hulle teken hul bespreking in puntvorm aan, onder die opskrifte 'Die belangrikheid van voedsel' en 'Die belangrikheid van 'n gebalanseerde dieet'.

Stap 2 Die onderwyser gee leerders 'n diagram van die voedselpiramiede en beskrywe die verskillende groepe voedsel op die verskillende vlakke van die voedselpiramiede. Die onderwyser noem die vernaamste voedingstowwe in elke voedselgroep (koolhidrate, proteïene, vette, minerale en vitamiene). Die onderwyser verduidelik die funksie van elke voedselgroep in ons liggame.

Stap 3 Leerders noem die voedsels wat hulle die vorige dag geëet het, en die

onderwyser lys hulle. Leerders kategoriseer die verskillende voedseltipes na gelang van hul plek op

die voedselpiramiede.

Stap 4 Leerders kan hierdie inligting uit stap 3 gebruik met prente om 'n voedselpiramiede op 'n plakkaat te maak.

Stap 5 Die onderwyser gee leerders inligting oor wat 'n gesonde dieet behels. Leerders skryf hul eie dieet vir 'n week neer, en evalueer hul dieet om te sien of

dit gebalanseerd is of nie. Hulle maak aanbevelings oor hoedat hulle hul diëte kan verbeter.

Stap 6 Beskrywe en bespreek waarom sekere omstandighede sekere diëte vereis. Mense wat diabete is, word weens hul siektes slegs toegelaat om sekere tipes voedsel te eet. Atlete eet sekere diëte om hul energie op te bou en hul liggaamsgewig te beheer. Mense wat vetsugtig is, het spesiale diëte nodig.

Page 42: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 39 -

Stap 7 Leerders doen navorsing om die tabel hieronder te voltooi: Siekte Veroorsaak

deur Dieet benodig

Aanvullings benodig

Wat sal gebeur indien dieet en aanvullings nie ingeneem word nie

Diabetes TB MIV/VIGS

Stap 8 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: Die belangrikheid van voedsel en 'n gebalanseerde dieet stel? Basiese voedsels in verskillende voedselgroepe kategoriseer en die vernaamste

voedingstowwe in elke groep identifiseer. Tussen 'n gebalanseerde en 'n ongebalanseerde dieet onderskei? Mense wat vetsugtig is, het spesiale diëte nodig.

METODOLOGIE Besprekings, skep, ontwikkel, bou, beskrywe, navors. HULPBRONNE Prent van voedselpiramiede, tydskrifte, tabelle

NW stringe

Energie en Verandering – energie in verskillende voedsels INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – gesondheidsbevordering, persoonlike en sosiale ontwikkeling

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 28 KONSOLIDERING EN FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4

Konsolidering Knip en plak prente om areas met lae en hoë biodiversiteit te beskrywe. Lys vyf maniere waarop 'n kaktus vir lewe in die woestyn, en 'n padda vir lewe in 'n dam

aangepas is. Skryf sinne om die belangrikheid van grond en water in 'n ekostelsel te beskrywe. Lys vier maniere waarop plante en diere in ekostelsels van mekaar afhanklik is. Maak 'n geannoteerde tekening van 'n plant om die proses van fotosintese te toon. Teken drie voedselkettings en identifiseer die produsente en verbruikers in elkeen. Skryf notas om die rolle van produsente en verbruikers in 'n voedselketting te beskrywe. Kies 'n prent van 'n dier, etiketteer sy sintuie, en beskrywe die belangrikheid van elkeen vir die

dier se oorlewing.

Page 43: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 40 -

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4 LU 1 AS 1 Woordeskat en spelling. LU 1 AS 1 Teken 'n voedselketting van ontbyt (graankos en melk, of eiers en brood). LU 2 AS 1 Beskrywe fotosintese op enige manier. (notas, tekening met etikette) LU 3 AS 1 Beskrywe die belangrikheid van water in 'n ekostelsel. LU 3 AS 2 Beskrywe wat sou gebeur as daar niks meer plante in die wêreld oorgebly het nie.

LU 2 AS 1 Beskrywe die verhouding tussen plante en diere in 'n ekostelsel.

LU 2 AS 1 Beskrywe hoedat fotosintese plaasvind.

L U 2 AS 1 Noem en beskrywe die funksies van elke orgaan in die spysverteringstelsel.

LU 2 AS 1 Beskrywe hoedat diere se sintuie vir oorlewing aangepas is.

L U 2 AS 1 Beskrywe die belangrikheid van grond en water in 'n ekostelsel.

LU 2 AS 2 Beskrywe die verskillende rolspelers in 'n voedselketting.

LU 2 AS 1 Gebruik jou eie voorbeelde van produsente en verbruikers en beskrywe jou eie voedselketting. Beskrywe 'n maaltyd waarin al die voedselgroepe voorkom.

WEEK 29 SEKSUELE VOORTPLANTING IN PLANTE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer die volgende konsepte: Prosesse Seksuele voortplanting: by voortplanting is daar twee ouers betrokke. By

seksuele voortplanting vind bevrugting plaas. Bestuiwing: wanneer stuifmeel vanaf die manlike na die vroulike deel van 'n plant

oorgedra word (van die meeldraad na die stamper) Paring: wanneer die manlike en vroulike diere van dieselfde spesie bymekaar

kom sodat die manlike een spermselle in die vroulike een se liggaam kan deponeer om haar eiers te bevrug.

Bevrugting: die saamvoeg van manlike en vroulike seksselle om 'n nuwe individu te vorm

Saadverspreiding: om saad in verskillende rigtings te versprei Ontkieming: sade ontkiem wanneer hulle begin groei en hul eerste wortel en loot

ontwikkel. Seksselle Stuifmeel: bevat die manlike seksselle van 'n blomplant Spermselle: die manlike seksselle van diere Saadknoppe: bevat die vroulike seksselle van 'n blomplant Eiers: die vroulike seksselle van diere.

Page 44: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 41 -

Geslagsorgane Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom (bestaan uit die stamper, stampersteel en

eierstok) Meeldraad: die manlike deel van 'n blom (bestaan uit die helmknop en

helmdraad) Eierstok en uterus en vagina: vroulike geslagsorgane in diere Penis en testikels: manlike geslagsorgane in diere

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1

Seksuele voortplanting in plante Stap 1 Leerders teken werklike voorbeelde van plante en etiketteer die dele (met wortels, stingels en blare). Stap 2 Leerders teken werklike voorbeelde van blomme en etiketteer die dele. Buitenste dele: blomkelk, blomkroon;vroulike dele: eierstok, stampersteel en stamper; manlike dele: meeldraad (helmknop en helmdraad). Stap 3 Die onderwyser gee leerders 'n prent van twee blomme (selfde soort), 'n saad, 'n ontkiemende saad en 'n vrug. Leerders rangskik prente in die korrekte volgorde (in die vorm van 'n lewensiklus met pyltjies). Etiketteer die prente en die prosesse. Stap 4 Leerders lys dinge (bv. insekte en water, wind wat waai) wat vir (1) bestuiwing en (2) verspreiding van sade verantwoordelik is. Leerders gee 'n opskrif en teken en skryf sinne om bestuiwing en verspreiding te verduidelik. Seksuele voortplanting in diere Die onderwyser verduidelik hoedat seksuele voortplanting by diere plaasvind (paring, bevrugting) in paddas en visse (eksterne bevrugting) voëls, reptiele en soogdiere (interne bevrugting). Leerders kies een dierespesie (bv. olifant). Hulle vors hierdie dier na om uit te vind: Hoedat die manlike en vroulike diere paar (paringsdans, lewenslange maats,

ens.) Hoedat die dier geboorte gee (eiers of lewende geboorte) Hoedat diere hul kleintjies beskerm (en vir hoe lank hulle die kleintjies versorg) Wat hulle die kleintjies voer. Leerders maak 'n plakkaat en lê hul bevindings voor. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: Plante Die dele van 'n plant en blom teken en etiketteer? Die lewensiklus van 'n blomplant beskrywe? Verskillende dinge identifiseer en beskrywe wat blomme bestuif en dinge wat

sade versprei.

Page 45: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 42 -

Diere Genoeg akkurate inligting kry oor voortplanting van die dier van hul keuse? 'n Plakkaat maak (met opskrif, prente, etikette en notas) met inligting wat hulle uit

hul navorsing verkry het? Hul plakkaat voorlê en enige vrae daaroor beantwoord?

METODOLOGIE Bespreking en onthou van inligting. Voortbou op inligting met gebruikmaking van tekeninge, navorsing

HULPBRONNE Plante, blomme, sade, prente, illustrasies, boeke, internet, papier, tekenkryt NW

stringe Materie en Materiale – wind (bewegende lug) en water

INTEGRASIE Leerareas

Kuns en Kultuur – beeldende kuns (maak van plakkate) Lewensoriëntering – persoonlike ontwikkeling

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelys □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 30 ONDERSOEKTAAK EN VOORBEREIDING VIR FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5

LU 5.1

Ondersoek: Seksuele voortplanting in plante Stap 1 BEPLAN Lys vrae wat met seksuele voortplanting in plante verband hou. Doen 'n toetsbare vraag aan die hand, bv. watter toestande is die beste om saad te laat ontkiem en plante te kweek? Stap 2 VOER UIT Voer eie ondersoek of gegewe aanwysings uit. Sade (van dieselfde tipe plant) word onder verskillende toestande ontkiem en tot volwasse plante gekweek (bv. in volle sonlig, in skaduwee, in 'n kas, ens.). Neem groei waar en teken dit elke drie dae aan deur te meet, te teken en te beskrywe. Stap 3 EVALUEER Doen verslag oor die groep se prosedure. Doen verslag oor resultate wat verkry is. Maak gevolgtrekkings wat op die resultate gebaseer is. Uitgebreide leer: herhaal die ondersoek met gebruikmaking van sade van verskillende plante.

Page 46: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 43 -

WEEK 31 KONSOLIDERING EN VOORBEREIDING VIR FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5

LU 5.2 – 5.3.3

Konsolidering Etiketteer 'n diagram van die spysverteringstelsel en meld die funksie(s) van die

dele daarvan. Die onderwyser gee leerders 'n diagram van die voedselpiramiede en beskrywe

die verskillende groepe voedsel op die verskillende vlakke van die voedselpiramiede.

Skryf die name neer van die vernaamste voedingstowwe in elke voedselgroep. In die vorm van 'n tabel, vergelyk 'n gebalanseerde dieet met een wat nie

gebalanseerd is nie. Verduidelik waarom mense wat vetsugtig is 'n spesiale dieet nodig het. Teken en etiketteer die dele van 'n plant en blom. Beskrywe die lewensiklus van 'n plant, bv. 'n blomplant. Beskryf dinge wat (1) blomme bestuif en (2) sade versprei. FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 LU 2 AS 1 Woordeskat en spelling LU 2 AS 2 Gee leerders 8-10 voedseltipes en vra hulle om die tipes te

kategoriseer deur hul eie reël te voorsien. LU 2 AS 2 Gee hulle 'n lys van diere of plante en vra hulle om dit in groepe te kategoriseer. LU 3 AS 1 Beskrywe hoedat jy 'n gebalanseerde dieet vir jou eie omstandighede sou kies. L U 2 AS 1 Teken en beskrywe die lewensiklus van 'n plant. LU 2 AS 1 Beskrywe wat vetsug beteken. LU 2 AS 1 Noem en beskrywe die funksies van elke orgaan in die spysverteringstelsel. LU 3 AS 3 Beskrywe hoedat gebrek aan toegang tot gesonde voedsel en ander

byvoegsels 'n dodelike impak het op mense wat met MIV, Tuberkulose en Diabetes lewe.

Page 47: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 44 -

KWARTAAL 4: PLANEET AARDE EN VERDER

WEEK 31 GRONDLYNASSESSERING (Graad 4) vervolg

AANTEKENINGE oor HOE

LU 1

Grondlynassessering van Planeet Aarde en Verder (Graad 4) Vra leerders om skriftelik op die volgende konsepte uit te brei. Hou 'n klasbespreking oeenstemmigheid oor die korrekte betekenis te kry: Sonnestelsel: 'n ster, tesame met die planete, mane, asteroïede, komete en stof

wat daaromheen wentel Aardmateriale: grond, water en lug Rotasie: 'n planeet of maan wat om sy eie as draai Omwenteling: 'n sirkelvormige baan of beweging (wentelbaan) van die aarde om

die son, en die maan om die aarde Lengte van dag: die aantal daglig-ure vanaf sonsopkoms tot sonsondergang Lengte van nag: die aantal ure vanaf sonsondergang tot sonsopkoms Aardjaar: Die tydperk wat dit die aarde neem om een omwenteling rondom die

son te voltooi. Atmosfeer: die lae gasse rondom die aarde Weer: die temperatuur in °C, windsnelheid en -rigting, hoeveelheid sonlig, en die

hoeveelheid vog (bv. reën) wat op 'n daaglikse basis gemeet word Om die weer te meet: 'n termometer meet die temperatuur, 'n windmeter meet

die windsnelheid, 'n reënmeter meet die hoeveelheid reën.

METODOLOGIE Navorsing en klasbespreking HULPBRONNE Navorsingsmateriale

INTEGRASIE NW

stringe Materiaal en Materiale – aardmateriale, maangesteentes en songasse Energie en Verandering – sonenergie (lig en hitte)

Leerareas

Wiskunde – meting Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, astronomie in antieke beskawings en samelewings

WEEK 32 DIE MAAN

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Satelliet: enige voorwerp in die ruimte wat om 'n ander voorwerp wentel Fases van die Maan: soos van die aarde af waargeneem, verander die

voorkoms van die Maan elke dag oor 'n sekere tydperk Weerspieëlde lig: lig-energie wat 'n voorwerp tref en dan in 'n ander rigting

wegbons

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

LU 5.2.1

Stap 1 Beskrywe die kenmerke en eienskappe van die maan. Beskrywe die beweging van die maan met betrekking tot die aarde. Verduidelik hoedat die maan lig vanaf die son weerspieël. Identifiseer en beskrywe die verskillende fases van die maan, bv. nuwemaan,

volmaan, halfmaan en kwartmaan).

Page 48: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 45 -

Stap 2 Lys in 'n opsommende tabel of breinkaart wat leerders van die fases van die

maan weet. Leerders doen vrae aan die hand om ondersoek oor fases van die maan in stel. Voorbeeld: Lyk die maan elke nag dieselfde (vorm en grootte)? Verduidelik. Wat beteken die toename en afname van die maan, en wanneer vind

toename en afname plaas? Lyk dit asof die veranderings van die maan 'n patroon volg? Stap 3 Leerders beplan en stel 'n ondersoek op om fases van die maan waar te neem. Leerders voer die aanwysings van die ondersoek uit. Leerders neem die fases van die maan waar, en teken dit op 'n maankykkaart

aan (indiwidueel of in groepe). Stap 4 Leerders verduidelik die groep (of indiwidu) se ondersoekprosedures. Leerders rapporteer (skryf en teken) oor die fases van die maan wat hulle

waargeneem het. Leerders rapporteer (lê voor en deel) die resultate wat hulle gekry het. Uitgebreide leer: Kan ons op die maan woon? Wat is ’n maanverduistering? Doen verslag oor besoeke aan die maan. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die eienskappe en kenmerke van die maan beskrywe? Die fases van die maan in die orde waarin hulle oor 'n tydperk heen verander,

identifiseer en beskrywe?

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning. HULPBRONNE Maankykkaart, navorsingsmateriaal

NW stringe

Lewe en Lewendes – omgewingsvereistes om lewe te onderhou (lug en wEnergie en Verandering – ligenergie Materie en Materiale – samestelling van die maan INTEGRASIE

Leerareas Kuns en Kultuur – kultuurtradisies en -praktyke verwant aan die maan Sosiale Wetenskappe – die omgewing, astronomie in vroeë samelewings

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 49: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 46 -

WEEK 33 MAAN EN KULTUUR

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Tradisie: lank-gevestigde gewoonte of geloof Kultureel: kenmerkende lewenswyses van verskillende groepe mense Vierings: feeste van besondere belang vir 'n spesifieke kultuur Volmaan: 'n fase van die maan waar die volle gesig sigbaar is (wanneer die

maan rond lyk) dit kom ongeveer halfpad deur die maansiklus voor Nuwemaan: hierdie fase kom voor wanneer die maan nie deur direkte sonlig

verlig is nie, en nie vir die blote oog sigbaar is nie. Die nuwemaan dui gewoonlik die begin van 'n nuwe maansiklus aan.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.3.1

Stap 1 Leerders noem en beskrywe die fases van die maan. Stap 2 Leerders vors die belangrikheid van die maan en sy fases vir sekere tradisies,

kultuuraktiwiteite en gelowe in die samelewing na, en vertel daarvan. Leerders rapporteer (skryf en lê voor) oor verbande met die maan en die fases

daarvan wat hulle in hul eie gemeenskappe ken. Stap 3 Leerders rapporteer (skryf en teken) oor die belangrikheid van die maan en sy

fases vir 'n ander kultuur of tradisie in die wêreld.

Uitgebreide leer: Hoe voel party mense oor 'n volmaan? (Verwys na bygelowe oor die maan.) Hoe respondeer party diere tot die maan? (Ons weet byvoorbeeld dat honde vir

die maan tjank.) Watter natuurgebeurtenisse word aan invloede deur die fases van die maan

toegeskrywe? (bv. getye)

Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die belangrikheid van die fases van die maan vir verskillende kultuurgroepe

beskrywe?

METODOLOGIE Navorsing en Klasbespreking. HULPBRONNE Navorsingsmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale – samestelling van die maan Lewe en Lewendes – response van diere tot die maan INTEGRASIE

Leerareas Kuns en Kultuur – godsdienspraktyke wat met die maan verband hou, bvSelfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 50: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 47 -

WEEK 34 KLIMAAT: JAARLIKSE SEISOENSVERANDERINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Weer: temperatuur, wind, sonlig en reën wat op 'n daaglikse basis gemeet word Klimaat: weerstoestande wat oor 'n tydperk in 'n sekere streek waargeneem en

gemeet word Seisoene: 'n periode van die jaar wat deur 'n duidelike klimaat gedefinieer word,

(bv. winter, lente) Seisoensaanpassings deur mense: hoedat mense in verskillende seisoene

oorleef deur veranderings/verstellings te maak Seisoensaanpassings deur plante en diere: hoedat plate en diere in

verskillende seisoene oorleef Kweekhuisgasse: gasse (soos koolstofdioksied en ander gasse) wat energie

van die son absorbeer en vashou Kweekhuiseffek: in plaas daarvan dat die hitte-energie weg van die aarde na

die buitenste ruim gereflekteer word, absorbeer kweekhuisgasse die hitte-energie en vang dit in die aarde se atmosfeer vas.

Aardverwarming: wêreldwye toename in gemiddelde temperatuur, toegeskryf aan hitte-energie wat weens kweekhuisgasse vasgevang is.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1

LU 5.3.2

Stap 1 Hersien wat leerders van die weer en klimaat weet. Voeg inligting in 'n opsommende tabel of breinkaart saam. Stap 2 Leerders vors na en beskryf die kenmerke van minstens twee verskillende klimaatstreke (bv. woestyn, poolstreke, gematigde grasvelde, savanna-grasvelde ens.). . Sluit materiaal soos tabelle en/of grafieke in wat die klimaat van verskillende streke in die navorsing verteenwoordig. Stap 3 Leerders doen verslag (praat, skryf en beskrywe) oor die aanpassings wat deur diere mense en plante gemaak word na aanleiding van die klimaatstreek waarin hulle woon. Eskimo's woon in igloe's; die kaktus, 'n woestynplant gaar water op; leeus is goed gekamoefleer in droë grasvelde). Stap 4 Leerders doen verslag (praat, skryf en beskrywe) oor die aanpassings wat deur diere, mense en plante gemaak word na aanleiding van die verskillende seisoene in die streek waarin hulle woon (hitte, koue, droogte). (Party voëls migreer soos die winter aankom, party diere hiberneer in die winter, party plante verloor hul blare in die winter). Aardverwarming

Stap 5 Verduidelik: Wat is aardverwarming? Leerders identifiseer (noem en beskrywe) hoedat wetenskaplike ontwikkeling

en tegnologiese produkte tot aardverwarming bygedra het (bv. die brand van steenkool in kragstasies, die brand van petrol en diesel vir vervoer).

Verduidelik oor kweekhuisgasse (CO2 ens.) en die kweekhuiseffek. Leerders identifiseer (noem en beskrywe) negatiewe uitwerking van

aardverwarming, en bring sodanige negatiewe uitwerking in verband met aangetekende seisoensveranderings (bv. die smelt van ys in die poolstreke, oorstromings en droogtes).

Page 51: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 48 -

Stap 6 Verduidelik: Wat is ’n koolstofvoetspoor? Leerders werk hul koolstofvoetspoor

uit. Leerders oorweeg (praat en skryf) maniere om hul koolstofvoetspoor te verklein.

(Herbenut, reduseer, hergebruik, en weier om items te koop of te gebruik wat nie omgewingsvriendelik is nie.)

Uitgebreide leer: Vors na en lê 'n verslag voor oor gebeurtenisse wat toegeskryf word aan:

o Aardverwarming, en o Klimaatverandering.

Vors na en doen verslag oor wat mense wêreldwyd doen om die vrylaat van kweekhuisgasse te verminder of in toom te hou.

Doen oplossings aan die hand (wat jy by jou skool of tuis kan doen) om jou koolstofvoetspoor te verklein.

Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die volgende beskrywe (teken en skryf):

die betekenis van aardverwarming? die oorsake van aardverwarming? aardverwarming en klimaatverandering? die impak van die weer op mense, plante en diere? hul koolstofvoetspoor uitwerk?

Beskrywe maniere om die koolstofvoetspoor (huis, skool en gemeenskap) te verklein

METODOLOGIE Bespreking en onthou van inligting. HULPBRONNE Naslaanmateriaal

NW stringe

Energie en Verandering – lig- en hitte-energie (sonenergie) Lewe en Lewendes – impak van klimaatverandering op mense, plante enMaterie en Materiale – kweekhuisgasse / lugbesoedeling

INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – prosessering van materiale Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, klimaatstreke Vroeë nedersettings

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 52: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 49 -

WEEK 35 WATERSIKLUS AND WATERGEHALTE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Hidrosfeer: (water en waterdamp); daardie deel van die aarde wat uit water

bestaan Litosfeer: (gesteentes en grond); soliede laag van die aarde wat die aardkors

vorm Atmosfeer: (lug); mengsel van gasse rondom 'n planeet Watersiklus: prosesse waarvolgens die aarde se water deur die omgewing

sirkuleer Verdamping: proses waardeur 'n vloeistof (bv. water) in 'n gas (waterdamp)

verander Kondensasie: proses waardeur 'n gas of damp in 'n vloeistof verander Neerslag: water wat as 'n vloeistof of vaste stof (reën, sneeu) uit die

atmosfeer na die aarde as land- of oppervlakwater terugkeer Afloop: reënwater wat nie in die grond wegsak nie, maar afloop Infiltrasie: beweging van water in die grond of poreuse gesteentes in

Opvanggebied: natuurlike areas waar reënwater saamvloei, soos vleie, mere en riviere

Waterhulpbronne: bronne van water wat nuttig of potensieel nuttig vir mense is.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

LU 5.2.1

LU 5.3.2

Stap 1 Hersien wat bekend is oor die watersiklus. Voeg inligting in 'n opsommende

tabel of breinkaart saam. Beskrywe die kenmerke van 'n watersiklus (bv. hoedat water van vorm verander

vanaf vloeistof tot gas ens., terwyl dit verdamp, kondenseer, neerslaan, afloop, infiltreer) terwyl dit tussen die lug, water en grond (atmosfeer, hidrosfeer, en litosfeer) beweeg.

Leerders maak geëtiketteerde tekeninge en skryf oor die watersiklus terwyl hulle die prosesse beskrywe wat plaasvind.

Beskrywe hoedat die son se energie die watersiklus aandryf. Stap 2 Hersien die oorsprong van riviere. Bespreek die strukture wat deur die mens gebou word om water vir verskillende

doeleindes op te vang. Leerders vors opvanggebiede na wat in of naby die area is. Identifiseer en beskrywe die negatiewe uitwerking van wetenskaplike

ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van ons waterhulpbronne (bv. fabrieke, kunsmis, plaagdoders ens.).

Identifiseer en beskrywe die positiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van waterhulpbronne (bv. Hoedat watergehalte bepaal word vanaf die opvanggebied, en/of behoorlike sorg en riglyne vir bestuur- en behandelingsprosesse van water, ens.).

Stap 3 BEPLAN Lys wat leerders weet van bekende situasies wat verband hou met die gehalte

van water (bv. beskrywe die toestand van 'n nabygeleë rivier, vlei of kanaal). Doen vrae aan die hand vir ondersoek oor die gehalte van water. Voorbeeld: Wat is die gehalte van water vanaf bronne in ons area? Kan ons die water uit die vlei, kanaal of rivier drink?

Page 53: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 50 -

Stap 4 VOER UIT Leerders kry water vanaf geïdentifiseerde bronne in die area om te ontleed. Stap 5 EVALUEER Identifiseer en beskrywe onoplosbare vorms van besoedeling (bv. pakkies,

blikke, ens.) Identifiseer en beskrywe moontlike oplosbare vorms van besoedeling, (bv.

soute, kunsmis, plaagdoders, deur na die bronne van besoedelingstowwe te kyk, soos fabrieke of tuine naby die plek waar die steekproewe geneem is).

Identifiseer en beskrywe die water (kleur. reuk, vaste stowwe, helder/troebel). Leerders rapporteer (skryf en teken) oor hul bevindings met die watersteekproef. Uitgebreide leer: Vors die soorte organismes na (plante en diere) wat jy in natuurlike riviere en

strome sal aantref. Vors die soorte organismes na wat jy in besoedelde riviere en strome sal

aantref. Skryf oor die oorsake van waterbesoedeling in jou area. Skryf 'n verslag waarin jy moontlike oplossings aan die hand doen vir die

waterbesoedelingsprobleme in jou area. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Die prosesse identifiseer en beskrywe wat by die watersiklus betrokke is? Die oplosbare en nie-oplosbare besoedelingstowwe van opvanggebiede en

ander waterbronne beskrywe?

METODOLOGIE Navorsing, bespreking, ondersoek HULPBRONNE Watersteekproewe van plekke in die omgewing, watersiklusplakkate, navorsingsmater

NW stringe

Materie en Materiale – Watersiklus, eienskappe van water, waterbesoedeling Lewe en Lewendes – plante en diere wat in water lewe

INTEGRASIE

Leerareas

Tegnologie – impak van wetenskaplike ontwikkelings en tegnologiese produkte op die omgewing en mense. Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, verantwoordelike gebruik van natuurlike hulpbronne, vroeë nedersettings

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

Page 54: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 51 -

WEEK 36 EROSIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Erosie: grond of gesteentes wat oor 'n lang tydperk weens wind, water ens.

wegslyt. Verwering: fisiese of chemiese afbreek van klippe in kleiner deeltjies deur die

wind, reën en temperatuur Landvorms: Natuurlike en fisiese eienskappe van die aardoppervlak Afsetting: versamelings (of neerleggings) van stowwe, iets wat êrens opgaar Versteen: om van los sediment na soliede rots te verander Klipdeeltjies: klein stukkies klip Katastrofiese gebeurtenisse: gebeurtenisse wat grootskaalse skade of dood

veroorsaak (bv. oorstromings, aardbewings, tsoenami's, ens.).

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.2.1

LU 5.3.2

Stap 1 Identifiseer (noem en beskrywe) verskillende landvorms (berge, heuwels, vleie,

rivier, strand ens.). Stap 2 Definieer die proses van verwering. Beskrywe die faktore wat betrokke is (bv. wind, water, gebrek aan plantegroei,

hitte en koue breek klippe in deeltjies op). Stap 3 Verduidelik hoedat erosie (wat deeltjies wegdra) en afsetting (wat deeltjies

neerlê) die land kan verander (bv. sand neergelê op strande of rivierwalle, ens.). Beskrywe kort-, en langtermyn-erosie. Beskrywe die faktore wat betrokke is (bv. wind, water, hitte en koue). Stap 4 Noem en beskrywe katastrofiese gebeurtenisse (plaaslik en internasionaal) wat

die gevolg was van erosie (bv. modderstortings, woestynareas wat uitbrei, ens.). Uitgebreide leer: Skryf 'n verslag oor enige voorkoms van gronderosie in jou area (gemeenskap,

skool ens.) Skryf 'n verslag oor enige rampe (plaaslik of internasionaal, bv. modderstortings)

wat die gevolg was van gronderosie. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Verskillende landvorms noem en beskrywe? Tussen verwering en gronderosie onderskei? Die faktore wat verwering veroorsaak, noem en beskrywe? Die faktore wat gronderosie veroorsaak, noem en beskrywe? Katastrofiese gebeurtenisse wat erosie veroorsaak, beskrywe?

METODOLOGIE Bespreking en Navorsing HULPBRONNE Navorsing, prente, modelle

INTEGRASIE NW

stringe Materie en Materiale – eienskappe van grond en water Lewe en Lewendes – plante en grond

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, impak van menslike

Page 55: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 52 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 37 EROSIE Ondersoek

AANTEKENINGE oor HOE

LU 5.1.1 – 5.1.3

Ondersoek na erosie Stap 1 BEPLAN Lys wat bekend is oor die oorsake van erosie. Doen vrae vir ondersoek aan die hand. Voorbeeld Watter oorsaak van erosie doen die grootste skade: wind of water? Stap 2 VOER UIT Besluit oor die prosedures en materiale vir die ondersoek. Stel houers (bv. roomysbokse) op met kaal grond en grond met plantegroei (bv.

gras). Gebruik 'n waaier of haardroër om wind na te boots, vang en meet die

hoeveelheid grond wat oor 'n bepaalde tydperk (bv.) 5 minute) deur die wind verwyder word.

Gebruik 'n houer met water (blik of bottel) met gate daarin om die val van reëndruppels na te boots. Hou die houers teen dieselfde hoek, versamel en meet die water wat afloop, asook enige sand of modder.

Stap 3 EVALUEER Teken die ondersoek aan met gebruikmaking van tekeninge, etikette en

waarnemingsnotas. Doen verslag (teken en skryf) oor die groep se prosedures. Doen verslag (skryf, teken en lê voor) oor resultate wat verkry is. Uitgebreide leer: Skryf en teken of gebruik prente wat ander vorms van gronderosie toon. Doen verslag oor gronderosie in jou area (bv. velde, parke, sportgronde, ens.) Doen verslag as 'n TV-verslaggewer oor die negatiewe impak van gronderosie in

jou area. Doen as 'n omgewingskundige moontlike oplossings aan die hand om die

probleme hok te slaan wat tot gronderosie in jou area bydra. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: Gronderosie beskrywe? Die faktore wat gronderosie veroorsaak, identifiseer (noem en beskrywe)?

Page 56: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 53 -

METODOLOGIE Bespreking, navorsing en ondersoek HULPBRONNE Navorsing, grond en water, meetapparaat, waaier of haardroër, houers vir vloeistowwe

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe van grond Lewe en Lewendes – plante het grond nodig, plantegroei verminder gro

INTEGRASIE Leerareas

Wiskunde – meting Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, impak van menslike a

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □

Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □

Ander:

WEEK 38 HERSIENING / UITGEBREIDE LEER

Skryf gedigte oor die maan. Aardverwarming: Versamel koerantartikels oor aardverwarming en

klimaatverandering. Gebruik die inligting en doen 'Nuusaanbiedings' (nabootsings van TV-nuusberigte).

Vors na en lê 'n verslag voor oor "Groen Uitvindings". Vors na en lê 'n verslag voor oor "Groen Pogings" tuis, in jou gemeenskap en jou

skool. Wat beteken dit om "Die Stad Groen te Maak", en wat sou jou skool kon doen in

die poging om "Die Buurt Groen te Maak"?

WEEK 39 HERSIENING / UITGEBREIDE LEER

Watersiklus: maak 'n plakkaat met aantekeninge en etikette oor die watersiklus. Maak 'n model van 'n watersiklus in 'n bottel (met gebruikmaking van grond,

water en 'n plant) en teken jou waarnemings aan. Gronderosie: Ondersoek, skryf en teken oor boerdery en gronderosie, ens. Gronderosie: Skryf 'n verslag oor gronderosie by jou skool.

Page 57: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- 54 -

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6 - Die onderwyser kan die vrae as deel van 'n assesseringstaak gebruik LU 2 AS 1 Vra woordeskat en spel van woorde LU 2 AS 1 Gee leerders 'n diagram van die fases van die maan. Vra die leerders om die diagram te beskrywe. LU 2 AS 2 Skryf en teken oor die fases van die maan. LU 2 AS 2 Verskaf grafieke vir interpretasie oor klimate en streke. LU 2 AS 1 Vra leerders om erosie met verwysing na wind en water te beskrywe. LU 2 AS 1 Lys die mense- en dierefaktore wat gronderosie veroorsaak (bv. landbou, mynaktiwiteite, konstruksiewerk ens. LU 2 AS 3 Beskrywe die uitwerking van wind en water op sekere landvorms. LU 3 AS 1 Beskrywe die rol van die maan in landboufeeste. LU 3 AS 2 Skryf sinne oor die impak van klimaatverandering op enige plant of dier (bv. ysbeer, ens.).

Page 58: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

DEEL DRIE: BYLAE

GIDS TOT WETENSKAPLIKE ONDERSOEK: GRAAD 5 'n Gids tot ondersoeke vir onderwysers en hul leerders Identifiseer 'n aspek van 'n natuurverskynsel (plante, diere, die weer, klippe, brand, elektrisiteit ens.) wat jy wil ondersoek. Wanneer jy iets ondersoek, vind jy meer daaromtrent uit deur iets waar te neem of te meet wat van nature voorkom (deur bv. die daaglikse natuurlike veranderings in die weer waar te neem en te meet). Jy kan ook ondersoek instel na wat gebeur wanneer jy iets doen om 'n natuurverskynsel te beïnvloed (bv. deur sout of suiker by water te voeg om te sien of dit die temperatuur van kokende water beïnvloed). Jy kan ook ondersoek instel oor hoe om iets te maak wat met 'n natuurverskynsel verband hou (bv. hoe om jou huis in warm weer koeler te maak). Jy kan die volgende formaat gebruik om jou deur 'n ondersoek te lei. LU 1 AS1 : BEPLAN 'N ONDERSOEK NB: Hierdie deel word as 'n klas gedoen, met 'n onderwyser en leerders A. Wat weet ons reeds?

1. Kies 'n onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek. 2. Maak 'n breinkaart van alles wat jy van die onderwerp / natuurverskynsel weet.

B. Wat wil ons nog meer uitvind?

1. Onderwyser help leerders om vrae te stel oor wat hulle nog meer oor die onderwerp wil weet. Onderwyser skryf al die vrae op die bord.

2. Onderwyser en leerders besluit watter van die vrae dit moontlik is om in 'n klaskamersituasie te ondersoek, en watter nie (sou in boeke nagevors kon word).

3. Onderwyser en leerders identifiseer een spesifieke vraag om te ondersoek. 4. Onderwyser en leerders bespreek die volgende:

• Apparaat / materiale benodig • Wat gaan die leerders waarneem of meet of versamel? • Hoeveel keer gaan hulle waarnemings maak of metings neem? • Watter meetinstrumente word benodig? • Waar gaan jy jou waarnemings aanteken? (in watter formaat) • Veiligheidsmaatreëls.

LU 1 AS1 : PLAN NB: die volgende deel word deur leerders gedoen Wat wil ons uitvind?

1. Onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek (skryf). 2. Jou ondersoekvraag (skryf) 3. Vorm 'n hipotese oor jou ondersoekvraag (Skryf: Ek dink die volgende gaan gebeur...

want.... LU 1 AS2 : VOER DIE ONDERSOEK UIT EN VERSAMEL DATA C. Wat moet ons doen om uit te vind?

1. Skryf al die stappe neer wat jy moet doen om die ondersoek uit te voer. 2. Gebruik die apparaat om 'n geskikte prosedure uit te voer (verken die materiale, maak 'n

reeks waarnemings of metings ens.). 3. Teken jou waarnemings en metings op 'n geskikte manier aan (in 'n tabel, 'n tekening ens.).

LU 1 AS3 : EVALUEER DATA EN KOMMUNIKEER BEVINDINGS D. Wat vertel die resultate ons?

1. Doen verslag oor wat jy gedoen het. 2. Verduidelik wat jy geleer het (skryf, teken, beantwoord vrae). 3. Besluit of die ondersoek jou oorspronklike vraag suksesvol beantwoord het of nie. (skryf) 4. Besluit of jou hipotese gesteun was of nie. (skryf) 5. Het jy nog ander vrae vir verdere ondersoeke? (skryf) 6. Gee 'n alledaagse voorbeeld van iets wat jy uit hierdie ondersoek geleer het.

Page 59: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

Assesseringsinstrument vir NW-ondersoeke String: ____________________ Onderwerp_____________ ASSESSERINGSTAAK _______________________________ Vorm van assessering: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK vir Graad 5 NS LU 1 AS 1 Plan Kommentaar: Leerder kon vorige kennis kommunikeer Leerder was in staat om 'n aspek te identifiseer wat ondersoek kan word Leerder was in staat om van die apparaat te beskrywe wat benodig word 1 punt elk = 3 punte

Kommentaar:

LO1 AS2 Voer uit

Was self in staat om die korrekte stappe neer te skryf en hulle veilig en noukeurig uit te voer 3 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser die korrekte stappe neer te skryf en uit te voer 2 punte

Leerders het gesukkel om die korrekte stappe neer te skryf en uit te voer, selfs met hulp van die onderwyser 1 punt

Nie gedoen nie 0

Was self in staat om noukeurige, gedetailleerde en akkurate metings en waarnemings te doen. 6 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 4 punte

Leerders het gesukkel om selfs met hulp van die onderwyser metings en waarnemings te doen 2 punte

Nie gedoen nie 0

LO1 AS3 Evalueer

Kon in detail oor hul prosedure verslag doen (skryf, teken en etiketteer) 5 punte

Kon met hulp van onderwyser korrek oor hul prosedure verslag doen (skryf, teken en etiketteer) 3 punte

Het gesukkel om oor hul prosedure verslag doen (praat, skryf, teken en etiketteer) 1 punte

Nie gedoen nie 0

Kon sonder hulp van onderwyser in detail verduidelik wat geleer is, kon hierdie kennis na ander situasies herlei 6 punte

Kon met hulp van onderwyser verduidelik wat geleer is 4 punte

Leerder het gesukkel om te verduidelik wat geleer is, het 'n paar wanopvattings gehad 2 punte

Nie gedoen nie. 0

Leerder se gedrag was goed. Werk was fluks gedoen. Werk was netjies gedoen. Halwe punt elk = totaal 2 punte: ________ Leerder het opgeruim.. Totale punte 25: ______ Onderwyser: _______________ Datum: ___/___/2009

Page 60: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- i -

DEEL VIER: WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID

Woordelys A Aangepas: plante en diere wat verander het om by die huidige omstandighede te pas. Aardgas: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van oerseediere en -plante gevorm is, en saam met ru-olie aangetref word. Aardjaar: die tydperk wat dit die aarde neem om een omwenteling rondom die son te voltooi. (365¼ dae) Aardmateriale: lug, water, gesteentes en grond Aardverwarming: wêreldwye temperatuurtoenames weens vasgevangde sonligenergie, veroorsaak deur 'kweekhuisgasse'. Sommige gevolge van aardverwarming is: smelt van poolysbedekking, styging in die seevlak, en klimaatsverandering. Afloop: reënwater wat nie in die grond wegsak nie. Afsetting: wanneer gronddeeltjies weggewaai of weggespoel, en elders afgeset word. As: die denkbeeldige as waar die aarde om draai. Asemhaling: die handeling waardeur lug ingeneem word wat ryk aan suurstof is, en lug uitgeblaas word wat ryk aan koolstofdioksied is Atmosfeer: (lug) mengsel van gasse rondom 'n planeet. B Bestuiwing: wanneer stuifmeel vanaf die manlike deel van 'n plant (die meeldraad) na die vroulike deel (die stamper) oorgedra word. Bevrugting: die saamvoeg van manlike en vroulike seksselle om 'n nuwe individu te vorm. Beweging van hitte-energie: Energie beweeg altyd vanaf 'n warmer plek of voorwerp na 'n koeler plek of voorwerp. Bindweefsel: die weefsel wat bene in 'n gewrig aanmekaar hou. Biodiversiteit: "bio" beteken "lewe"; "diversiteit" beteken 'n verskeidenheid – d.w.s. baie verskillende soorte lewende organismes (plante en diere). Brandstowwe: bronne van energie (ons moet hulle gewoonlik verbrand om hitte-energie te produseer). Bron van energie: Sien energiebron. Buigbaar: iets wat in die vorm van 'n wors of 'n ring gerol en gebuig kan word. C D Diabetes: 'n ongesteldheid waar die liggaam nie in staat is om sy bloedglukosevlakke normaal te hou nie. Die maan: ons naaste buurman in die ruimte, wat om die aarde wentel. Distillering: 'n proses waar 'n vloeistof verhit word om wasem te produseer. Die wasem word dan gekondenseer deur dit af te koel sodat dit 'n suiwer vloeistof vorm. E Eienskappe van grond: grootte van deeltjies, kleur, tekstuur, reuk en buigsaamheid. Eienskappe: hoe iets lyk, voel, en wat dit doen, bv. buigsaamheid, hardheid, tekstuur, kleur, oplosbaarheid, ens. Eiers: die vroulike seksselle van diere. Ekostelsel: 'n ekostelsel sluit die lewende en nie-lewende dinge in 'n gebied, en hul interaksie met mekaar in;'n gemeenskap van plante, diere en mikroörganismes wat saam in 'n omgewing woon. Elektrisiteit: is 'n sekondêre energiebron (dit word uit 'n ander bron soos steenkool geproduseer) en word as 'n bron vir elektriese toestelle gebruik. Energie: energie is nodig om alles te laat werk of beweeg of lewe. Energiebronne: 'n bron wat 'n vorm van energie opberg of verskaf (bv. battery, vallende water). Sommige bronne bestaan uit opgebergde chemiese of meganiese energie, bv. elektriese sel, uitgerekte rekkie, hout, steenkool, water, olie ens. Sommige energiebronne is reeds aan die

Page 61: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- ii -

beweeg, en hul beweging word as 'n energiebron gebruik, bv. vallende water, bewegende golwe, wind (bewegende lug) ens. Energie-omskakeling: wanneer energie van een vorm na 'n ander verander word, bv. in 'n gloeilamp word elektriese energie na ligenergie verander. Energie-oordrag: wanneer energie van een deel van 'n stelsel na 'n ander beweeg. Energie-oordragstelsels: 'n stelsel word uit twee of meer dele saamgestel wat energie van een plek na 'n ander verplaas (beweeg), bv. 'n voedselketting, 'n elektriese stroombaan, 'n ekostelsel, ens. Energieverlies: dit gebeur wanneer materie energie vrystel omdat die omgewing koeler is. Energiewins: dit gebeur wanneer materie energie absorbeer omdat die omgewing warmer is. Erdeware: materiale wat van gebakte klei gemaak is, bv. porseleinkoppies, blompotte, teëls. Hulle is onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, is duursaam en waterdig. Erosie: grond of gesteentes wat oor 'n lang tydperk weens wind, water ens. wegslyt. F Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed: prosesse of aksies wat 'n oplosbare stof vinniger of stadiger in 'n vloeistof laat oplos, soos: hoeveel daar geroer word; temperatuur van vloeistof; grootte van deeltjies van die vaste stof; hoeveelheid van die vaste stof vergeleke met die vloeistof. Fases van die Maan: soos van die aarde af waargeneem, verander die voorkoms van die Maan in 'n siklus oor 'n sekere tydperk, d.w.s. volmaan, nuwemaan, halfmaan en kwartmaan. Fases van materie: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Verhitting verander die fase vanaf vaste stof tot vloeistof tot gas, en verkoeling (hitteverlies) draai die verandering van fase om. Faseveranderings: om van een toestand na 'n ander te verander (vaste stowwe, vloeistowwe, gasse). Fossielafdrukke: Voetspore van diere of afdrukke van blare ens. wat in modder gemaak is, wat sedertdien hard geword en gesteentes gevorm het. Fossielafgietsels: presiese driedimensionele kopieë van die dele van plante of diere wat gefossileer het. Hulle word deur navorsers gemaak. Fossielbrandstowwe: ru-olie, steenkool en aardgas (gevorm uit die gefossileerde oorblyfsels van oerplante en -diere). Fossiele: oorblyfsels van 'n dier of plant uit vroeëre tye wat in gesteentes bewaar gebly het. Fossilering: die proses waardeur fossiele gevorm word. Die organiese chemikalieë in 'n dooie diere- of planteliggaam word deur anorganiese chemikalieë vervang, wat die liggaam so hard soos klip laat word. Fotosintese: die proses waardeur groen plante sonlig, koolstofdioksied n water gebruik om voedingstowwe te maak. G Gas: 'n fase van materie wat uit deeltjies bestaan wat vinnig beweeg en baie ver van mekaar is;gas het geen bepaalde vorm nie. Geabsorbeerde energie: wanneer energie verkry / geabsorbeer word of tot 'n voorwerp of materiaal bygevoeg word. Gebalanseerde dieet: wanneer voedsels wat die belangrike voedingstowwe bevat, in die korrekte hoeveelhede geëet word om gesondheid te verseker. Gevaarlik: materiale of stowwe wat nadelig vir die gesondheid kan wees en die omgewing kan beskadig. Gewasse: plante wat op 'n groot skaal vir voedsel of ander gebruike gekweek word. Gewrigte: die plek in 'n skelet waar twee bene bymekaarkom. Gewrigte maak beweging moontlik. Glas: 'n materiaal wat gemaak word deur sand te smelt wat met kalkklip en natrium karbonaat gemeng is. Eienskappe van glas: onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, is duursaam en waterdig, brokkelrig en deurskynend. Grade Celsius (ºC ): die eenheid vir die meet van hitte-energie. Grond: die los boonste laag van die aarde bestaan uit 'n mengsel van verskillende grootte gesteentes / klippe en gronddeeltjies, en ontbonde organiese materie. H Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en voortplant. Hardheid: vermoë om fisiese slytasie te weerstaan.

Page 62: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- iii -

Hidrosfeer: (water en waterdamp); daardie deel van die aarde wat uit water bestaan. Hittegeleiding: die manier waarop 'n materiaal toelaat dat hitte daardeur beweeg. Hitte-insulasie: die manier waarop 'n materiaal verhoed dat hitte-energie daardeur beweeg. I Infiltrasie: beweging van water in die grond of in poreuse gesteentes in. Inheems: tuisgekweek, met oorsprong in, inlands, natuurlike groei. Inheemse kennis: kennis vanuit ons eie land. Interafhanklikheid: lewende organismes wat vir oorlewing van mekaar afhang. Hulle verskaf vir mekaar voedsel, skuiling ens. J K Katastrofiese gebeurtenisse: gebeurtenisse wat grootskaalse skade of dood veroorsaak (bv. oorstromings). Kategoriseer: om dinge saam te groeper wat dieselfde sigbare hoedanighede of eienskappe het. Kernenergie: 'n vorm van energie wat deur radioaktiewe materiale, bv. uraan en plutonium vrygestel word. Kilojoule (kJ): die eenheid om energie te meet is die Joule (J). 'n Kilojoule is 1000 Joule. Kinetiese energie (bewegingsenergie): die energie in bewegende voorwerpe of deeltjies;energiebronne wat beweeg, bv. elektrisiteit, vallende water, wind. Klank: is 'n vorm van energie wat deur 'n voorwerp geproduseer word wat vibreer. Klank kan slegs deur 'n medium (vaste stof, vloeistof, gas) beweeg. Klank kan nie deur 'n lugleegte (d.w.s. geen lug) beweeg nie;klank beweeg weg van die bronne (d.w.s. radio, hande wat klap, 'n geskree, ens.);klank word dowwer soos dit weg van die bron af beweeg. Klanksterkte: hoe hard of sag 'n geluid is. Die geluidsterkte hang af van die hoeveelheid energie wat gebruik word om die geluid te genereer. Klasse materiale – vesels, glas, erdeware, polimere (plastiekware), papier, hout, metale. Klassifiseer: Die rangskikking van voorwerpe of lewende organismes in verwante groepe volgens hul ooreenkomste. Klei: baie klein (fyn) klipdeeltjies (soms rooierig, oranje-bruin of wit van kleur). Klei behou water en is klewerig wanneer dit nat is. Kleigrond: Grond waarin daar 'n hoë verhouding van kleideeltjies is. Klimaat: weerstoestande wat oor 'n lang tydperk in 'n sekere streek waargeneem en gemeet word. Klimaatverandering: Langtermynveranderings in die weer van die aarde se klimaatstreke. Klipdeeltjies: baie klein stukkies klip. Kokende water: water wat verhit is totdat dit genoeg energie het om in gas te verander. Kondensasie: wanneer waterdamp ('n gas) afkoel en in 'n vloeistof verander. Kondenseer: wanneer 'n gas afkoel (hitte verloor) en in 'n vloeistof verander. Kookpunt: die temperatuur waar ’n vloeistof in ’n gas verander. Koolhidrate: voedsels wat as 'n vername energiebron in menslike diëte dien. Suikers, stysels en sellulose is almal koolhidrate. Kristallisering: 'n proses om kristalle te vorm deur 'n versadigde oplossing te verhit sodat die oplosmiddel verdamp. Kweekhuiseffek: 'n verskynsel waar kweekhuisgasse sonligenergie in die atmosfeer vasvang. Kweekhuisgasse: gasse (soos koolstofdioksied, metaan en ander gasse) wat energie van die son absorbeer en in die aarde se atmosfeer vashou, en die moontlike oorsaak van aardverwarming is. L Landvorms: natuurlike fisiese eienskappe van die aardoppervlak, bv. berge, riviere, valleie, ens. Leemgrond: grond van 'n hoë gehalte wat uit 'n mengsel van sand-, slik- en kleigronddeeltjies bestaan, asook humus (ontbindende plant en dieremateriaal). Lengte van dag: die aantal daglig-ure vanaf sonsopkoms tot sonsondergang. Lengte van nag: die aantal ure vanaf sonsondergang tot sonsopkoms. Lewensprosesse: die prosesse wat alle lewende dinge uitvoer: beweging, voortplanting, gevoeligheid, groei, ontlasting, asemhaling, voeding.

Page 63: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- iv -

Litosfeer: (gesteentes en grond) soliede laag van die aarde wat die aardkors vorm. M Magnetisme: die manier waarop 'n materiaal na 'n magneet aangetrek word of nie. Materiale: vaste stowe word in groepe opgedeel, bv. metale, erdeware en polimere ens.;vaste stowwe wat nuttig is om dinge mee te maak. Materie: enigiets wat massa het en ruimte beslaan; alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is van atome gemaak. Meeldraad: die manlike deel (voortplantingsorgane) van 'n blom bestaan uit die helmknop en helmdraad. Meganiese stelsels: stelsels wat twee of meer bewegende dele het, bv. die bewegende dele van 'n enjin. Mengsels: twee of meer stowwe wat gemeng is en weer geskei kan word. Metale: materiale wat elektrisiteit en hitte gelei, bv. koper, tin. silwer, goud, lood, ens.; blink, hard, smeebaar, suiwer stowwe soos yster, koper, goud en silwer. Metale word in voorwerpe soos spykers, pype, metaalskerpmaker, metaallineaal gemaak. Metamorfies: gesteentes wat 'n verandering in fisiese vorm, voorkoms of aard ondergaan het. MIV/VIGS-pasiënte: mense wat met die Menslike Immuniteitsgebrekkige Virus (MIV), wat die immuunstelsel afbreek, besmet is. N Natuurlike vesels: lang, slap, sterk stringe wat van plante of diere afkomstig is, bv. in hout en papier, katoen, wol, linne ens. Natuurrampe: Gebeurtenisse soos oorstromings, aardbewings, vulkane, erge droogtes ens.). Neerslag: wanneer water uit die atmosfeer na die aarde se oppervlak val, soos reën, sneeu, ysreën, hael en dou. Nuwemaan: hierdie maanfase kom voor wanneer die maan nie deur direkte sonlig verlig is nie, en nie vir die blote oog sigbaar is nie. Die nuwemaan dui gewoonlik die begin van 'n nuwe maansiklus aan. O Om die weer te meet: 'n termometer meet die temperatuur; 'n windmeter meet die windsnelheid en rigting; 'n reënmeter meet reënval. Om te smelt is 'n verandering in toestand van 'n vaste stof na 'n vloeistof, gewoonlik deur hitte-energie veroorsaak. Omgewing: die lewende en nie-lewende milieu wat alle lewende dinge beïnvloed. Omwenteling: die beweging van 'n planeet in 'n wentelbaan soos dit rondom die son beweeg. Die beweging van 'n maan in 'n wentelbaan soos dit rondom 'n planeet beweeg. Ongewerweldes: (insekte, wurms, slakke, skaaldiere, spinnekoppe, duisendpote); die meeste het 'n eksterne skelet (eksoskelet). Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare of sanddeeltjies in water). Ontbinder: 'n organisme wat die dooie oorblyfsels van plante en liggame van diere afbreek. Ontkieming: sade ontkiem wanneer hulle begin groei en hul eerste wortel en loot ontwikkel. Ontlasting: die verwydering van afvalprodukte van metabolisme (sweet en urine) deur 'n lewende organisme. Opgeloste stof: 'n vaste stof wat in 'n vloeistof oplos en 'n oplossing vorm. Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof meng en lyk asof dit in die vloeistof verdwyn, en dus nie gesien kan word nie. Oplosbaar: stowwe wat in 'n vloeistof kan oplos is oplosbaar (bv. suiker). Oplosbaarheid: die vermoë van 'n stof om op te los. Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng). Oplosmiddel: die vloeistof waarin 'n vaste stof oplos. Oplossing: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n vloeistof, bv. soutwater oplos. Opvanggebied: natuurlike areas waar reënwater opdam, soos vleie, mere, ens.

Page 64: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- v -

Organismes: enige lewende dinge, bv. diere en plante. P Paraffien: energiebron in 'n huishouding: vloeibare brandstof wat gebruik word om kos gaar te maak. Wanneer paraffien per ongeluk aan die brand slaan, is die vlamme baie warm en moeilik om te beheer. Paring: wanneer die manlike en vroulike diere van dieselfde spesie bymekaar kom sodat die manlike een spermselle in die vroulike een se liggaam kan deponeer om haar eiers te bevrug. Penis en testikels: manlike geslagsorgane in diere. Planete: voorwerpe in die ruimte wat in 'n wentelbaan rondom 'n ster beweeg. Polimere (plastiekstowwe en natuurlike vesels): 'n reusagtige langkettingmolekule wat uit 'n groot aantal kleiner molekules bestaan wat saamgekoppel is, bv. plastiekstowwe, gomlastiek, plastiekvesels, poliëster ens. Polimere is buigbare, sterk isoleerders van hitte en elektrisiteit, duursaam, brand wanneer aangesteek. Sommige plastiekstowwe is deurskynend en ander is ondeursigtig (kan nie deur hulle sien nie). Potensiële energie (opgebergde energie): energie in 'n opgebergde vorm wat werk kan doen wanneer dit losgelaat word, bv. 'n battery. sel, gomlastiekband, chemikalieë, brandstof ens. Primêre verbruikers (planteters): diere wat slegs plante eet. Produsent: 'n organisme (bv. 'n plant), aan die begin van 'n voedselketting, wat nie nodig het om te eet nie, maar sy eie voedsel maak. Proteïene: voedsels wat gebruik word om die liggaam op te bou. Vleis, vis, eiers, bone en neute bevat proteïene. Q R Reënval: die hoeveelheid reën wat op 'n bepaalde tydstip in 'n gebied val. Relatiewe beweging: bv. die beweging van die aarde in verhouding tot die son – wentel om die son; die beweging van die maan in verhouding tot die aarde – wentel om die aarde, ens. Relatiewe posisie: posisie van die son, maan en aarde in verhouding tot mekaar in die heelal, bv. die son is in die middel van die sonnestelsel, en die planete is in wentelbane op vasgestelde afstande rondom die son. Mane wentel rondom planete, wat saam rondom die son wentel. Roes: 'n chemiese reaksie tussen yster (waar dit ookal is) en suurstof uit die lug. Rotasie: die draai van planete of mane om hul eie asse. Ru-olie: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van oerseediere gevorm is. S Saadknoppe: bevat die vroulike seksselle van 'n blomplant. Saadverspreiding: om saad in verskillende rigtings te versprei. Sand: groter, lig gekleurde korreltjies (klipdeeltjies), soos woestynsand en seesand. Sanderige grond: grond wat 'n hoë verhouding van sandkorrels bevat. Satelliet: enige voorwerp in die ruimte wat om 'n ander voorwerp wentel. Sedimentêre gesteentes: gesteentes wat gevorm word uit materiaal wat as lae sediment in water neergelê word. Seisoene: 'n periode van die jaar wat deur 'n duidelike klimaat gedefinieer word, (bv. winter, lente). Sekondêre verbruikers (alles-eters en vleiseters): tweedevlakverbruikers – diere wat sowel plante as diere, of slegs ander diere eet. Seksuele voortplanting: voortplanting waar daar twee ouers betrokke is. By seksuele voortplanting vind bevrugting plaas. By plante word sade na bevrugting geproduseer. Senings: die weefsel wat 'n spier aan 'n been heg. Skakelaars: die komponente in 'n elektriese stroombaan wat die stroombaan hetsy oopmaak (onderbreek) of toemaak (voltooi). Skeiding: 'n proses waardeur vaste stowwe geskei word. Skelet (menslik) – dele: skedel, kakebeen, ruggraat (werwels). ribbekas, voorbeen of arm (humerus, radius en ulna), agterbeen of bene (femur, tibia, fibula), skouer (skouerblad, sleutelbeen) en heupgordel, voete en hande.

Page 65: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- vi -

Slik: baie klein poeieragtige klipdeeltjies wat in grond aangetref word. Slikgrond: Grond wat 'n hoë verhouding slikdeeltjies bevat. Smeltende ys: ys smelt wanneer dit genoeg energie verkry om in 'n vloeistof te verander. Smeltpunt: die temperatuur waar ’n vaste stof in ’n vloeistof verander. Soepelheid: die vermoë om te buig of van vorm te verander sonder om te breek. Solidifisering: wanneer 'n stof, soos water, solied word. Son: die ster in die middel van ons sonnestelsel. Sonnestelsel: 'n ster, tesame met die planete, mane, asteroïede, komete en stof wat daaromheen wentel. Sonverhitting: gebruik van energie vanaf die son om water te verhit. Sosiale patrone: alleenlopende diere, pare, troppe, kuddes, kolonies. Spermselle: die manlike seksselle van diere. Spesies: organismes met dieselfde sigbare eienskappe wat slegs met hul eie soort kan voortplant. Spiere: liggaamsweefsel wat saamtrek om beweging te veroorsaak;tipes spiere, bv. biseps, triseps. Spysvertering: die proses waardeur voedsel in eenvoudige chemiese samestellings opgebreek word. Spysverteringstelsel: die organe wat help met die proses om voedsel te verteer; dit bestaan uit die mond, speekselkliere, slukderm, maag, lewer, pankreas, dunderm, en dikderm. Steenkool: 'n fossielbrandstof in die vorm van sedimentêre gesteentes van die oorblyfsels van oerplante. Stelsel: 'n stelsel word gemaak uit twee of meer dele wat saam werk. In 'n stelsel word energie van een deel van die stelsel na 'n ander oorgedra. Sterre: gasvormige massas in die ruimte wat energie genereer. Sterrebeeld: patrone van sterre soos dit vanaf die aarde gesien word. Die patrone bly op een plek, maar soos die aarde beweeg verskuif hulle in die lug. Sterrestelsel: 'n versameling sterre, planete, gas en ruimtestof. Stol: wanneer 'n vloeistof afkoel (hitte verloor) en in 'n vaste stof verander. Stollingsgesteente: gesteente wat deur intense hitte en die stolling van vulkaniese magma gevorm word. Stowwe: tipes materie wat in die natuur kan bestaan of wat gemaak kan word. Strata: die lae wat in sedimentêre gesteentes gesien kan word. Stroombaan: die sirkelvormige baan waarlangs elektrisiteit vanaf die bron na die toestel en terug na die bron vloei. Die elektrisiteit sal nie vloei as die baan nie heel is nie. Stuifmeel: bevat die manlike seksselle van 'n blomplant. T Teel: om voort te plant. Tegnologie: dinge wat mense gemaak het om hulle te help om dinge te doen en probleme op te los. Tekstuur: hoedat 'n materiaal voel wanneer jy daaraan raak of dit tussen jou vingers vryf. Temperatuur: 'n numeriese maat van hitte of koue in grade Celsius (°C). Termiese energie: hitte-energie. Termometer: 'n instrument wat gebruik word om temperatuur te meet. Tersiêre verbruikers: bv. mens, krokodil, ens.; derdevlakverbruikers. Toonhoogte: hoë of lae klanke. Note het 'n hoë toonhoogte (hoë klank) of 'n lae toonhoogte (lae klank). Die toonhoogte hang af van die materiaal of lug wat in 'n voorwerp of musiekinstrument vibreer;hoe vinniger die vibrasies, hoe hoër die toonhoogte. Tydelike verandering: verandering in 'n stof wat nie permanent is nie – dit kan weer tot die oorspronklike vorm terug verander word. U V Vaste stof: materie met 'n vaste vorm, beslaan ruimte; kan nie afgegiet word nie, deeltjies baie na aan mekaar.

Page 66: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · oor HOE LU 1 – 3 Stap 1 Vra leerders om vir jou te vertel van wetenskap wat hulle gedurende die vakansie ervaar of geleer het (bv. het

- vii -

Vegetatiewe voortplanting: voortplanting in plante sonder sade. 'n Tipe aseksuele voortplanting in plante. Die ouerplant kan 'n nuwe plant uit 'n deel van sy steel, wortel of blaar maak. Verbranding: die verbrandingsproses waarby suurstof, 'n brandstof en hitte betrokke is. Verbruiker (planteters, vleiseters en alles-eters): 'n organisme wat van ander organismes in 'n voedselketting leef. Verdamp: Wanneer 'n vloeistof verhit word en in 'n gas verander. Verdamping: die proses waardeur 'n vloeistof (bv. water) in 'n gas (waterdamp) verander. Verhittingsdrade: spesiale drade wat warm word wanneer 'n elektriese stroom daardeur beweeg, bv. soos in ysters, verwarmers, waterverwarmers, ketels. Versteen: om van los sediment na soliede rots te verander. Verweerde gesteentes: gesteentes wat deur blootstelling aan die weer beskadig is. Verwering: fisiese, chemiese of biologiese opbreek van klippe in kleiner deeltjies;die opbreek van gesteentes in kleiner deeltjies deur wind, water, hitte en koue. Vette en olies: voedsels (olyfolie, botter, vet) wat as 'n bron van energie dien en dele van die liggaam soos die senustelsel in stand hou. Vibrasies: vinnige bewegings deur 'n voorwerp gemaak (voel bv. die vibrasies wat van 'n luidspreker kom). Vitamiene en minerale: spesiale voedingstowwe wat in klein hoeveelhede nodig is vir normale groei en aktiwiteit in die liggaam. Vleiseters: diere wat ander diere eet. Vloeistof: 'n fase van materie;deeltjies in 'n vloeistof beweeg ten opsigte van mekaar, kan afgegiet word, neem die vorm van die houer aan, beslaan ruimte, deeltjies raak, maar is verder van mekaar as by vaste stowwe. Voedingstowwe: stowwe in ons kos wat voeding voorsien: koolhidrate, proteïene, vitamiene en minerale, vette en olies. Voedselketting: 'n voedselketting toon aan wie vir wie in 'n ekostelsel eet;die vloei van energie in die natuur deur lewende organismes. 'n Reeks organismes waardeur energie in 'n ekostelsel deurgegee word. Voedselpiramiede: 'n piramiedevormige diagram wat as gids na die vernaamste voedselgroepe dien, en na die aanbevole hoeveelhede wat vir 'n gebalanseerde dieet geëet moet word. Volhoubaarheid: om natuurlike hulpbronne te benut sonder om die ekologiese balans te vernietig. Volmaan: 'n fase van die maan waar die volle gesig sigbaar is (wanneer die maan rond lyk),dit kom ongeveer halfpad deur die maansiklus voor. Vorms van energie: bv. hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit. Vrugbeginsel en uterus en vagina: vroulike geslagsorgane in diere. Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom – bestaan uit die stamper, stampersteel en vrugbeginsel. Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom – bestaan uit die stamper, stampersteel en vrugbeginsel. W Waarskuwingstekens / gevaarsimbole: tekens wat gevaar- of risiko-areas aandui. Waterhulpbronne: bronne van water wat nuttig of potensieel nuttig vir mense is. Watersiklus: die natuurlike herbenutting van water tussen die land, watermassas en die atmosfeer; prosesse waarvolgens die aarde se water deur die omgewing sirkuleer. Weer: temperatuur, wind, sonlig en reën wat op 'n daaglikse basis gemeet word;die toestand van die atmosfeer (temperatuur, wind, ens.) op 'n gegewe tydstip en plek. Weerspieëlde lig: lig-energie wat 'n voorwerp tref en dan in 'n ander rigting wegbons. Wentelbaan: die baan waarlangs 'n planeet rondom die son beweeg. Die baan waarlangs 'n maan rondom 'n planeet beweeg. Werweldiere: (visse, amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere) het 'n interne skelet (endoskelet). Windkous / weerhaan: instrument om die windrigting aan te dui. X Y Z