Top Banner
Oudgevangenes 8||By||Saterdag 25.Mei.2013 M et sy byderwetse pienk hemp en netjiese bril lyk Thandisizwe na ’n reklame- bestuurder of ’n metroman. Hy’s ’n welsprekende 31-ja- rige met ’n diep, sonore basstem. Hy’s ook ’n gepubliseerde skrywer wat die En- gelse taal kan laat sing. Thandisizwe en die ander mans wat in die smorende laatherfshitte in die op- slaangebou by die Men’s Wellness Centre in Guguletu buite Kaapstad sit, is egter allesbehalwe yuppies. Onder hul hemde vertel die “tjappies” op hul lywe ’n ver- haal van gewere, bloed en vrees. Party, soos Thandisizwe, wil nie hul vanne in die koerant hê nie, want selfs buite die tronk is hulle bang vir die wraak van die tronkbendes. Elke tweede Donderdag kom dié groep van tien wat op parool is bymekaar as deel van die nie-regeringsnetwerk Sonke Gender Justice se One Man Can Beyond the Bars-program om te praat oor die hoop én verskrikking van vryheid. Hul oortredings het gewissel van gewapende roof tot moord. Nou moet party leer om vir die eerste keer ’n eie bankkaart te ge- bruik, huur te betaal of te bestuur. Ander leer nou eers die betekenis van die woord “pa”. Thapelo Kolobi, wat 12 jaar lank agter tralies was weens gewa- pende roof, hou sy vyf maande oue baba- seuntjie, Tshepang, styf teen sy bors. “Ek was hier vir hierdie baba sedert sy geboorte,” sê hy. “Terwyl ek in die tronk was, moes my drie ander kinders na pleegouers gaan. Nou is ek honger en dors om alles van ouerskap te leer. “Tshepang se ma werk en sy wou hom bedags in ’n crèche sit, maar ek het gesê hoekom wil jy dit doen? Nou is ek sy ma én sy pa.” Thandisizwe knik. “Ek het altyd gedink ’n man is die hoof van die huis en hy hoef nie sy hande vuil te maak met huiswerk nie. Nou was ek die skottelgoed, ek kook, ek maak die huis silwerskoon en ek pas my broer se dogter op. Ek het nie werk nie, so dis die minste wat ek kan doen.” ‘Manskappe van bloed’ Die voorspel tot Thandisizwe se “vorige” lewe in die tronk het begin met ’n geweer- loop teen sy kop. Dit het gereën buite en hy was 15. “Kom ons gaan kry vir ons geld,” het sy vriend, wat die geweer met ’n vonkel in die oog vasgehou het, gesê. Al het hy in ’n “stabiele huishouding” grootgeword, het hy tóé al skool gelos. Hy het sy verslawing aan man- drax en crack-kokaïen finan- sier deur huisbrake, motor- diefstal en kapings. Dié keer het hy en sy vriende hoog gemik: ’n Superette in Landsdowne waar hulle die elektrisi- teitsgeld gebuit het. Hier- na het hulle ’n aflewe- ringswa gekaap wat 30 kis- te brandewyn en whiskey vervoer het. Hulle is vasgetrek en hy is twee jaar lank aangehou in Pollsmoor se af- deling vir verhoorafwagtende jeugmisda- digers totdat die aanklagte in 1998 terug- getrek is. Hier het hy ’n geharde misdadi- ger geword. “Die pyn en die trauma begin reeds in die polisieselle. Daar’s bendelede wat jou terroriseer; wat jou skoene, selfs jou on- derbroek vat.” In die vangwa op pad na die hof het bendelede dwelms aan sy liggaam probeer versteek en in die tronk was gevegte en verkragting aan die orde van die dag. Die dag toe hy vrygelaat is, het hy weer begin steel, ondanks sy ma se pleidooie. “Die afdeling vir verhoorafwagtendes is waar mense leer. Dis baie wreder as om ’n gevonniste misdadiger te wees.” Kort hierna is hy weer gearresteer ná ’n gewapende rooftog by ’n BP-vulstasie. Dit was sodat hy kon drink, sê hy, Glen- fiddich, Chivas en Jack Daniel’s. En sodat hy kon geld hê vir Uzzi-klere en Carvela- skoene. “Ons was aggressief dié dag, maar nie- mand het erg seergekry nie. Die polisie het op ons geskiet en ons het terugge- skiet en met die geld wegge- hardloop.” Hulle is spoedig weer vasgetrek en dié keer is die saak nie uitgegooi nie. Hy en vier vriende is in 2001 gevonnis tot 26 jaar gevangenisstraf op drie verskillende aanklagte – twee vir ge- wapende roof en een vir die besit van ’n ongelisen- sieerde vuurwapen – wat hulle gelyklopend kon uitdien oor ’n tyd- perk van 18 jaar. Om te “oorleef” het hy by die tronkben- de die 27’s aangesluit, die “manskappe van bloed” wat die “kodes en wette” van die nommer monitor. “Ek was ’n vreeslose man, en ek het ge- hoor die 27’s is bakleiers. Ek het gedink ja, ek is lief vir geld en ek is lief vir bak- lei. Ek sê nie nee nie.” Vir hom was dit nooit nodig om ’n be- ampte te steek of verkrag te word om sy rang in die bende te verseker nie. “Elke keer as my ma (’n huishulp, nou 57) kom kuier het, het sy vir my geld ge- gee en dan het ek die geld vir hulle gegee. Jy móét vir haar vra, want dit was al ma- nier om te oorleef.” In dié tyd is verskeie korrektiewe beamptes en gevangenes by Pollsmoor ge- steek. Thandisizwe is in 2002 saam met ander “probleemgevalle” na die maksi- mumveiligheidstronk in Kokstad, Kwa- Zulu-Natal, gestuur, waar die “ergste van die ernstige misdadigers” aangehou word. “Ons was die eerste gevangenes daar. Toe ons daar aankom, kon ons nie bel nie en ons kon net een brief per maand skryf. Geen radio, geen TV nie, niks. Jy het een uur per dag gehad om te oefen – alleen – en vir die ander 23 uur is jy in ’n enkelsel opgesluit. “Geen boeke nie en aanvanklik geen toegang tot ’n biblioteek nie. Die bewaar- ders het ons net toegelaat om Bybel te lees, maar ek het nie eintlik omgegee oor die Bybel nie. Vir 23 uur per dag het ek die tandepastabuisie in my sel gelees.” Ná ’n week het hy tog gevra vir ’n By- bel en hy het dié boek van voor tot agter gelees. “Ek het dit nie gelees omdat ek ’n Christen was nie. Ek het dit soos ’n ro- man gelees om die tyd om te kry. Maar terwyl ek gelees het, het ek gedink aan al die slegte dinge wat ek gedoen het. “My groot vraag was: Waarvoor lewe ek nou eintlik?” Thandisizwe, wat nie sy van genoem wil hê nie omdat hy steeds bang is vir bendes, was vir 11 jaar agter tralies weens gewapende roof en die besit van ’n ongelisensieerde wapen. Foto’s: Michael Hammond Die hoop en verskrikking van Die meeste oudgevangenes sukkel om werk te kry, maar met die hulp van ’n unieke program leer hulle om tog ’n verskil te maak. Willemien Brümmer vertel hoe ’n voor- malige lid van die 27’s-tronkbende leer huil het. vryheid Ek is nie spyt dat ek in daai tronk was nie, al was dit baie pynlik, maar dit het my gehelp om die mens te word wat ek vandag is.
2

Die Burger

Apr 11, 2017

Download

Documents

Bukiwe Nqopiso
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Die Burger

Oudgevangenes

8||By||Saterdag 25.Mei.2013

Met sy byderwetse pienk

hemp en netjiese bril lykThandisizwe na ’n reklame-bestuurder of ’n metroman.Hy’s ’n welsprekende 31-ja-

rige met ’n diep, sonore basstem. Hy’sook ’n gepubliseerde skrywer wat die En-gelse taal kan laat sing.

Thandisizwe en die ander mans wat indie smorende laatherfshitte in die op-slaangebou by die Men’s Wellness Centrein Guguletu buite Kaapstad sit, is egterallesbehalwe yuppies. Onder hul hemdevertel die “tjappies” op hul lywe ’n ver-haal van gewere, bloed en vrees.

Party, soos Thandisizwe, wil nie hulvanne in die koerant hê nie, want selfsbuite die tronk is hulle bang vir diewraak van die tronkbendes.

Elke tweede Donderdag kom dié groepvan tien wat op parool is bymekaar asdeel van die nie-regeringsnetwerk SonkeGender Justice se One Man Can Beyondthe Bars-program om te praat oor diehoop én verskrikking van vryheid. Huloortredings het gewissel van gewapenderoof tot moord. Nou moet party leer omvir die eerste keer ’n eie bankkaart te ge-bruik, huur te betaal of te bestuur.

Ander leer nou eers die betekenis vandie woord “pa”. Thapelo Kolobi, wat 12jaar lank agter tralies was weens gewa-pende roof, hou sy vyf maande oue baba-seuntjie, Tshepang, styf teen sy bors.

“Ek was hier vir hierdie baba sedert sygeboorte,” sê hy. “Terwyl ek in die tronkwas, moes my drie ander kinders napleegouers gaan. Nou is ek honger endors om alles van ouerskap te leer.

“Tshepang se ma werk en sy wou hombedags in ’n crèche sit, maar ek het gesê

hoekom wil jy dit doen? Nou is ek sy maén sy pa.”

Thandisizwe knik. “Ek het altyd gedink’n man is die hoof van die huis en hy hoefnie sy hande vuil te maak met huiswerknie. Nou was ek die skottelgoed, ek kook,ek maak die huis silwerskoon en ek pasmy broer se dogter op. Ek het nie werknie, so dis die minste wat ek kan doen.”

‘Manskappe van bloed’Die voorspel tot Thandisizwe se “vorige”lewe in die tronk het begin met ’n geweer-loop teen sy kop. Dit het gereën buite enhy was 15.

“Kom ons gaan kry vir ons geld,” het syvriend, wat die geweer met ’n vonkel indie oog vasgehou het, gesê.

Al het hy in ’n “stabiele huishouding”grootgeword, het hy tóé al skool gelos.Hy het sy verslawing aan man-drax en crack-kokaïen finan-sier deur huisbrake, motor-diefstal en kapings.

Dié keer het hy en syvriende hoog gemik: ’nSuperette in Landsdownewaar hulle die elektrisi-teitsgeld gebuit het. Hier-na het hulle ’n aflewe-ringswa gekaap wat 30 kis-te brandewyn en whiskeyvervoer het.

Hulle is vasgetrek en hy is tweejaar lank aangehou in Pollsmoor se af-deling vir verhoorafwagtende jeugmisda-digers totdat die aanklagte in 1998 terug-getrek is. Hier het hy ’n geharde misdadi-ger geword.

“Die pyn en die trauma begin reeds indie polisieselle. Daar’s bendelede wat jou

terroriseer; wat jou skoene, selfs jou on-derbroek vat.”

In die vangwa op pad na die hof hetbendelede dwelms aan sy liggaam probeerversteek en in die tronk was gevegte enverkragting aan die orde van die dag.

Die dag toe hy vrygelaat is, het hy weerbegin steel, ondanks sy ma se pleidooie.

“Die afdeling vir verhoorafwagtendes iswaar mense leer. Dis baie wreder as om’n gevonniste misdadiger te wees.”

Kort hierna is hy weer gearresteer ná’n gewapende rooftog by ’n BP-vulstasie.Dit was sodat hy kon drink, sê hy, Glen-fiddich, Chivas en Jack Daniel’s. En sodathy kon geld hê vir Uzzi-klere en Carvela-skoene.

“Ons was aggressief dié dag, maar nie-mand het erg seergekry nie. Die polisie

het op ons geskiet en ons het terugge-skiet en met die geld wegge-

hardloop.”Hulle is spoedig weervasgetrek en dié keer isdie saak nie uitgegooinie.

Hy en vier vriendeis in 2001 gevonnis tot26 jaar gevangenisstrafop drie verskillende

aanklagte – twee vir ge-wapende roof en een vir

die besit van ’n ongelisen-sieerde vuurwapen – wat hulle

gelyklopend kon uitdien oor ’n tyd-perk van 18 jaar.

Om te “oorleef” het hy by die tronkben-de die 27’s aangesluit, die “manskappevan bloed” wat die “kodes en wette” vandie nommer monitor.

“Ek was ’n vreeslose man, en ek het ge-

hoor die 27’s is bakleiers. Ek het gedinkja, ek is lief vir geld en ek is lief vir bak-lei. Ek sê nie nee nie.”

Vir hom was dit nooit nodig om ’n be-ampte te steek of verkrag te word om syrang in die bende te verseker nie.

“Elke keer as my ma (’n huishulp, nou57) kom kuier het, het sy vir my geld ge-gee en dan het ek die geld vir hulle gegee.Jy móét vir haar vra, want dit was al ma-nier om te oorleef.”

In dié tyd is verskeie korrektiewebeamptes en gevangenes by Pollsmoor ge-steek. Thandisizwe is in 2002 saam metander “probleemgevalle” na die maksi-mumveiligheidstronk in Kokstad, Kwa-Zulu-Natal, gestuur, waar die “ergste vandie ernstige misdadigers” aangehouword.

“Ons was die eerste gevangenes daar.Toe ons daar aankom, kon ons nie bel nieen ons kon net een brief per maand skryf.Geen radio, geen TV nie, niks. Jy het eenuur per dag gehad om te oefen – alleen –en vir die ander 23 uur is jy in ’n enkelselopgesluit.

“Geen boeke nie en aanvanklik geentoegang tot ’n biblioteek nie. Die bewaar-ders het ons net toegelaat om Bybel telees, maar ek het nie eintlik omgegee oordie Bybel nie. Vir 23 uur per dag het ekdie tandepastabuisie in my sel gelees.”

Ná ’n week het hy tog gevra vir ’n By-bel en hy het dié boek van voor tot agtergelees. “Ek het dit nie gelees omdat ek ’nChristen was nie. Ek het dit soos ’n ro-man gelees om die tyd om te kry. Maarterwyl ek gelees het, het ek gedink aan aldie slegte dinge wat ek gedoen het.

“My groot vraag was: Waarvoor leweek nou eintlik?”

Thandisizwe, wat nie sy van genoem wil hê nie omdat hy steeds bang is vir bendes, was vir 11 jaar agter tralies weens gewapende roof en die besit van ’n ongelisensieerde wapen. Foto’s: Michael Hammond

Die hoop enverskrikking van

Die meeste oudgevangenes sukkel om werk te kry, maarmet die hulp van ’n unieke program leer hulle om tog ’nverskil te maak. Willemien Brümmer vertel hoe ’n voor-

malige lid van die 27’s-tronkbende leer huil het.

vryheid

Ek is nie spyt dat ekin daai tronk wasnie, al was dit baie

pynlik, maar dit hetmy gehelp om die

mens te word wat ekvandag is.

Page 2: Die Burger

Oudgevangenes

Saterdag 25.Mei.2013||By||9

Thandisizwe praat stadig, soekend.“Ek het ook besef ek wou gekén wees,

gerespekteer; dis hoekom ek al die dingegedoen het en hoekom ek aan ’n bende be-hoort het. Ek wou net aandag hê en ekmoes daai honger binne my voed deuraan te hou slegte dinge doen.”

Kort voor lank het die gevangenis syeie biblioteek gekry en hy het begin lees.Thandisizwe het stelselmatig die geheimebende-sleng uit sy woordeskat geban enbegin droom oor verder leer.

“Ek is nie spyt dat ek in daai tronk wasnie, al was dit baie pynlik, maar dit hetmy gehelp om die mens te word wat ekvandag is. Vier jaar en agt maande lankwas ek in ’n enkelsel en ek het geen be-soeke gekry nie.”

‘Ons móét huil’Toe Thandisizwe in 2007 na Pollsmoorverplaas is, het weinig in dié gevangenisintussen verander. Toe hy sê hy wil uit-tree as lid van die 27’s, is hy ’n igwala(lafaard) genoem. Kort hierna is hy naDrakenstein tussen die Paarl en Fransch-hoek, die tronk waaruit Nelson Mandelaop 11 Februarie 1990 vrygelaat is.

Hier het Thandisizwe matriek geskryfterwyl hy saam met 30 ander in ’n sel ge-woon het. Hy het ook saam met 14 andergevangenes ’n skryfkursus gedoen onderleiding van die skrywer en joernalis Mar-gie Orford. Die resultaat was ’n boek ge-naamd Fifteen Men, saamgestel deur Or-ford en gepubliseer deur Jonathan Ball.

In dié tyd het hy by Sonke Gender Jus-tice se One Man Can-projek betrokke ge-raak, waar hy medegevangenes opgeleihet oor onder meer MIV/vigs, tuberkulo-se en geslagsgelykheid.

“Die program het my gehelp om te sienwat ek gedink het is my sterk punte, iseintlik my achilleshiel en my ‘swakste’ ei-enskappe is eintlik my krag en sterkte.”

Op 22 Maart 2011 het hy sy eerste treena vryheid gegee toe hy na Pollsmoorverplaas is en bedags op parool vrygelaatis. Weekaande moes hy in die tronk slaapen bedags het hy op ’n plaas gewerk.

Dit was nie maklik nie. “Jy voel asof jynie deur die samelewing aanvaar wordnie. Dis een van die grootste redes hoe-kom mense weer teruggaan na ’n lewevan misdaad. Die meeste gevangenes isaandagsoekers. Miskien kry hulle niebuite daardie aandag wat hulle nodig hetnie, dan doen hulle iets sodat hulle kanteruggaan tronk toe, want daar kry hullewél aandag.”

Op 16 Julie verlede jaar is hy op volleparool vrygelaat en het hy die reis beginwat hy beskryf in sy gedig “A NewVision”: “My soul awakens from its dark,lonely slumber and begins to danceagain.”

Sy familie het hom ondersteun in diéhuiwerige dans na vryheid. “Toe ek ge-vonnis is, was hulle daar en toe ek uit-

kom, was hulle daar. My ma hetnie die dinge wat ek gedoen het,goedgekeur nie, maar omdat ekhaar seun is, wou sy net die bestehê vir my, al het ek alles wat sy virmy gedoen het, opgekou en in haargesig teruggespoeg.”

’n Stilte. “Ek kry nie werk nie enmy ma koop steeds vir my kos enklere en ek woon in haar huis. Disfrustrerend, want ander mans van my

Waar mans kan huilDis een van die samelewing se ongeskrewegebooie: As man moet jy voorsien.

Vir oudgevangenes beteken hierdie gebodegter hulle word dikwels verdoem as hulle nié inhul naastes se behoefte kan voorsien nie. Óf hulleland weer agter die tralies.

Daarom leer Sonke Gender Justice deur hulOne Man Can Beyond the Bars­program viroudgevangenes daar is ander maniere om vir joufamilie te sorg as deur geld. Soos om vir die eerstekeer in jou lewe ’n pa te wees. Of deur ’n potspaghetti te maak vir jou gesin.

Dié steungroep vir oudgevangenes hetontstaan uit Sonke se One Man Can­program watdie kultuur agter tralies wil verander deur opvoe­ding en steun aan gevangenes én bewaarders.Sowat 300 gevangenes in die Wes­Kaap wordjaarliks in agt gevangenisse opgelei om hulportuurgroep oor kwessies soos MIV, seksuelegeweld en geslagsgelykheid te skool.

In September verlede jaar het Sonke hierdie

program uitgebrei na oudgevangenes. VolgensEmily Keehn, hoof van die groep, het dié“gemeenskapsaksiespan” vir hulle ’n alternatiefgeskep tot die bendelewe.

“Baie het ’n baie slegte selfbeeld. Hulle het nou’n positiewe ruimte waarin hulle kan ontmoet enhulle kan rolmodelle in hul gemeenskappe word.”

Dis egter nie ’n rehabilitasieprogram nie. Vir diédoel het Sonke bande met ander organisasies.

“Dis eerder ’n ruimte waarin hulle mekaar kanondersteun en gewoond kan raak om weer in diebuitewêreld te leef.”

Sidelo Mzamo, groepsfasiliteerder, vertel nieeen van die mans het die afgelope ses maandeoor die tou getrap nie.

“Die sukses van die program is omdat hulle kanpraat oor die dinge wat hul weefsel raak. Meestalpraat mans nie oor hul gevoelens nie. Hulle komvan die werk af en gaan na kroeë of sjebiens. Onswil hê die gesprekke moet buite die kroeë gebeur.Die mans moet saam met mekaar kan huil.”’n Sessie van die One Man Can Beyond Bars­steungroep in Gugulethu.

Thandisizwe se gedig “I Am a Writer”.

ouderdom het huise en karre.”Hy kyk weg, deur die vensters van die

Wimpy na die trosse voetgangers in dieSt. George-wandellaan in die Kaapse mid-destad. “Ek wil nie vir jou jok nie. . . somsdínk ek daaraan om vir my ’n geweer tekry en net een keer weer te roof sodat ekmy eie besigheid kan begin. Party van myou vriende wág net dat ek vra.”

Maar hy bly by die huis, danksy die on-dersteuning wat hy kry by die One ManCan Beyond the Bars-program, sê hy.Hier het hy geleer wat dit beteken om ’nrégte man te wees.

Hy kyk my in die oë. “Ek het altyd ge-dink mans huil nie, maar dis ’n lieg. Onshuil en ons móét huil. Ek het ook geleerom my slagoffers se pyn te verstaan.”

Hul pyn het stadig tot hom deurgedringnadat sy nuwe paar sokkies in die ge-vangenis gesteel is. “Dit was ondraaglikepyn, want my ma het die sokkies vir mygekoop. Maar toe dink ek as ’n paar sok-

kies my so seermaak, hoe moet myslagoffers voel wie se karre ek gesteel

het; mense met wie ek gepraat hetoor die loop van ’n geweer?”

Vandag tree hy as ’n rolmodelop vir ’n groep jong mense in sybuurt. “Hierdie jong mense hetaltyd gedink die tronk is ’ncool plek. Ek vertel hulle eg-ter van die seksuele geweld,van die dinge wat hulle salmoet doen om te oorleef indie gevangenis.”

Hy vertel ook vir die jongmense wit en swart voel die-selfde pyn. “Toe ons grootge-word het, het die gemeenskapons laat verstaan wit mensehet ons voorvaders besteel vanhul koeie en hul grond. Dishoekom ons nou arm is. Asons by wit mense steel, bringons net ons eiendom terug.

“Maar dis nie waar nie.Dis nie ander mense watjou arm maak nie. Jy wordarm weens slegte keuses.En om ryk te wees is nieom geld te hê nie. Dis omkennis te hê; om hiermet jou te kan gesels;om te kan skryf.”

Dis ’n winderige dagin Mei toe ek hom dielaaste keer by die Wim-py ontmoet. Hy haal ’nbondel handgeskrewe ge-

digte uit sy sak en sit ditop die tafel neer langs sy

koffie.Die boonste een is getiteld “I

Am a Writer”.“I have an arm well-skilled/ A never

failing weapon – my treasured pen.“I am a writer. That is all I am./ I want

to write and one day I will write.”

Thandisizwe speel skaak met die kinders in sybuurt. Die ruimte was voorheen ’n sjebeen.

Thapelo Kolobi, wat 12 jaar lank agter tralieswas weens gewapende roof, en sy vyf maandeoue babaseuntjie, Tshepang. “Terwyl ek in dietronk was, moes my drie ander kinders napleegouers gaan. Nou is ek honger en dors omalles van ouerskap te leer.”